Ons Taal: Groot dinge vir 2020
Hallo Ma,
In hierdie jaar van onse Here 2020 gaan grote dinge gebeur. Hou hierdie ruimte dop!
PVATN, staan vir Professionele Vereniging vir Afrikaans-Taalonderrig in Namibië, en is my kollega, Herman Beyer, se breinkind.
Hierdie vereniging hou jaarliks ’n kongres vir Afrikaans-onderwysers, en vanjaar vind dit vir die 20ste keer plaas!
Ma, die afgelope twee dekades het Herman en Petronella met groot toewyding deur hierdie vereniging bygedra tot die onderrig van Afrikaans in ons land.
Ek is so trots op hulle, veral as mens in gedagte hou die eerste kongres in 2000 het net 45 onderwysers getrek, en vanjaar word gereed gemaak om op 5 en 6 Maart 250 deelnemers te huisves!
Maar uit die geledere van ons twee-vroue-en-een-man-sterk Vakgroep Afrikaans kom ook ’n reuse- Windhoek Woordfees van 23 tot 31 Julie vanjaar.
Ons beplan groot dinge, want hierdie jaar is daar nie net skrywersgesprekke nie, maar ook teater uit die boonste rakke. Wat ek nou al kan verklap, is dat Deon Meyer ons met ’n skrywersgesprek gaan vereer, en dit is te danke aan die feit dat sy en Coenie de Villiers se woord- en musiekoptrede, Karoo-Suite 2, op die spyskaart is.
Maar Ma, Ma moet Ma nie oor my bekommer nie; ek het ’n formidabele span uit die geledere van (onder meer) Republikein, WWF se mediavennoot, en Netwerk, wat die belange van ons taal en kultuur sterk op die hart dra.
En asof dit nie genoeg is nie is ons Vakgroep Afrikaans vanjaar die gasheer vir die internasionale SAVN-kongres van 5 tot 8 Julie.
Ag skuus Ma, SAVN staan vir Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek.
En nou kan Ma seker verstaan hoekom jou meisiekind nie elke nag ewe goed slaap nie. En nee Ma, dit het niks met my gewete te doen nie!
Ma, net een vragie: In watter jaartal leef Ma en die mense wat saam met Ma woon nou? Is dit ook 2020 daar by Ma-hulle?
Baai my Ma.
Dr. Chrisna Beuke-Muir
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie