Ons Taal: Liewer vandag wat
Ek was verlede week weer bietjie in Matieland om nog woorde vir my tesis te gaan haal, en onderweg ontmoet ek toe ook ’n klomp onverwagses op Strandfontein. Eintlik moes ek hulle te wagte gewees het, want as ek daar kuier, is ek aljimmer in ’n tweestryd tussen onverhoeds betrap word sonder ’n skryfding byderhand en “ongeskik” met my selfoon te keer dat ’n lekker sêding soos ’n wafferse Brahmaan oor my geheuekraal se klipmuur spring. Ek onthou nou, op my pa se beesplaas het die werkers gepraat van ’n Brahmaan as ’n “parmant” oor daai einste ontsnappingstegniek. Nou ja, ek moet bieg, daar was ’n paar parmantige woorde wat weggekom het, maar ek vertel julle graag van die ander.
Oupa Tom het vertel van iemand wat op reis was. Dit was nou vir jou nie ’n maklike reis nie, hoor! Hul bestemming was sommer blouver. (Hoekom dan nou nie, as ’n mens van spierwit kan praat. Ek verbeel my dit moet daar doer by die blou berge wees.) En die pad was nie mak nie, hy maak sommer skielik so ’n swik voor, en dan moet jy jou draai ken. Maar hulle het deur die genade darem deurgesmart tot waar hulle wou wees.
Dit is eers al vir vandag. Ja, ek weet julle wil nog hoor, maar ons moet onsself ook maar bietjie rantsoeneer, want soos ouma Anita se ouma van Sutherland desjare vir haar gesê het: Liewer aldag wat as een dag sat.
Petronella F Genis
[email protected]
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie