Ons Taal: ’n Boekstorie
Hallo Ma,
Het Ma al vir Dalene Matthee gewaar daar waar Ma bly? En van die ander skrywers? Ek dis sommer vir Ma ‘n boekstorie op: Ma, sê tog vir Dalene ek het saam met Fiela se kind die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom meegemaak. Ek en Boeta was toe hoeka op soek na Mannetjies Mentz en ek, Anna, van alle mense, het saamgepiekel.
Ons het vir sewe dae by die Silbersteins se appelplaas kamp opgeslaan om die fees van die ongenooides by te woon. Daar het ek uit die bloute op Raka afgekom. Ewe mak pluk hy appels. Op die plaas het ons vir Poppie Nongena en Pieternella van die Kaap raakgeloop. Op dag drie het die binnelanders, Bart Nel, liewe Heksie en die sirkusboere ook daar aangekom.
Om tot verhaal te kom, het ons saans by fakkellig gesels oor die bitter heuning wat tydens die fees opgedis is. Maar die ergste was die reuk van appels. Net daar het die swerfjare van Poppie Nongena begin. Pieternella het ook die pad byster geraak en doodmenslik (om den brode) ‘n kamphoer geword. Sy het die grammatika van die liefde oopmond leer ken. Liewe Heksie, (die bedonnerde diva) het haar só vervies dat sy Raka ‘n kopskoot gegee het.
Die arme mensdier het gestamel en gesterwe. Hy het pastei geword en die uitgehongerde Pieternella is bekeer.
Ma, en toe is Boeta die bliksem in oor die sirkusboere wat op die hitte van die dag kringe in die bos hardloop. En dit om die losprys te soek! Ma onthou nog die fortuin wat Loeloeraai destyds aangebied het om Soetlief uit Ondier se kloue te red. Toe besluit Boeta uit die bloute dat daai boere tog net stink Afrikaners is.
“Vatmaar,” het hy gesê, en dit was die einde van die storie.
Ma, ek is op soek na die laaste Afrikaanse boek. Dit moet daar by Ma wees. Kyk tog ’seblief ‘n bietjie. (En Ma, het Ma die flarde van al ag-en-dertig titels in my storie opgetel?)
Baai, Ma
Dr. Chrisna Beuke-Muir
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië (Unam)
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie