Ons Taal: Sonnet van die lewe
Hallo Ma,
My lewe is ‘n skryfproses in een paragraaf, ‘n sonnet waarbinne ek in veertien versreëls ingedig word.
Die rympatrone dwing my om ‘n volle twéé maal vierreëlige besluite te neem, net om my daarna in ‘n sekstet vas te loop wat eindig in ‘n doodloopstraat, beeldloos en sonder toepassings. Dan spring my rekenaar se loper, en ‘n vrye vers doem haar voor my op – saam met die illusie dat ek tóg self oor die ritme kan besluit.
Maar die heffings buig sonder ophef die knie voor die dodelike dalings en die metrum is in sy kanon. Die tot-vervelens-toe-bekende literêre term moet gedefinieer word, skuins gedruk ter wille van die selfnoemfunksie, mét die bron daarby om my van plagiaat te vrywaar. En oor alles heen hou Harvard agterdogtig ‘n oog om seker te maak dat die punt ná die hakie én die aanhalingstekens halt roep om aan die (waan)sin ‘n einde te maak, om voortydig verlossing te voorkom.
Die inhoud wemel van stereotipes, paternaliste en seksiste en, helaas ook feministe wat glo dat húlle Adam (én Eva ágter hom) die eerste ademteug gegee het – steriel toegedien met die sleutelbord (nog warm) as getuie teen die verdigsels.
En met dié gendergerigte paradoks – die lewe is immers ‘n teen(stryd)igheid – tik ek voort op soek na die dieper halfgebakte waarheid, ter wille van dié wat aan Gamaliël (met rooi tekkies) se voete sit.
By die volgende leë skerm praat die kykgedig voor my woord in: “Sien my, en moenie my lees nie! Die lewe is meer as boeke, jy wat dink dat klippe lewe, slaan ag op die verstegniese verskeidenheid rondom jou”.
Ma, my studiegids is klaar. Ek is sonder taal (of tyding). En effe leeg.
Baai, Ma
Dr. Chrisna Beuke-Muir
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie