Ons trek al weer
Dié keer darem nie van een land na ’n ander nie, maar van een huis na ’n ander. Die plek waar ons nou bly, is in die mark, is nie eintlik pet friendly nie en die huur is die helfte van my salaris. Dit was ’n goeie plek om mee af te skop, maar nou is dit tyd dat ek en Spruit iets kry wat ons honde, my sak en Spruit se kwesbare tienerego pas.
’n Plek waar mense eerstens nie issues het met honde wat honde is nie. Honde blaf, okay, dis wat honde doen. Veral as jy jou kop in ons erf gaan druk, gaan hulle blaf. Of as daar ’n dassie, meerkat, slang of rot is, gaan hulle blaf. Of as hulle die heeldag in ’n muur moet vaskyk, gaan hulle blaf. Die ideale plek vir ’n hond is waar hy bedags ’n bietjie vermaak het (soos om te kan sien wat in die straat aangaan), waar hy laatmiddag rustig saam met sy eienaar kan gaan stap in sy onmiddellike omgewing (nie in ’n ander woonbuurt in die donker nie), en waar hy saans in die huis kan slaap sodat die tsotsi's hom nie vergiftig nie.
Die ideale plek vir my is een waar ek nie ’n week voor payday net pap en kool en pilchards vir my kind kan gee nie, of waar ons die koerant vir toiletpapier moet inspan nie. Of waar ons twee keer ’n dag ’n halfuur lank in die verkeer moet sit om by die werk, skool en huis te kom nie.
En Spruit soek ’n bad. Ons het agt maande gelede, in Suid-Afrika laas, gebad. Ons het darem storte, maar om ná ’n lang dag in ’n bad te kan week met ’n tydskrif, is terapie soos min. Ek glo nie berading, happy pilletjies, dagga of drank kom naby die terapeutiese eienskappe van ’n warm bad nie.
O ja, en ons wil veilig wees. Dit is after all hoekom ons in die eerste plek uit Johannesburg uit is. Ek wou my kind die trauma van ’n gun teen die kop spaar.
Ons vereistes is eenvoudig, dis nie asof ek ’n jacuzzi of ’n swembad of ’n teëlvloer wat by my sitkamergordyne pas, soek nie. Om die waarheid te sê, dit sal my nie eers pla as die plek se mure groen is en die dak pers nie, solank my diere happy en welkom is en Spruit weer kan bad. En so nou en dan ’n vleisie kan eet.
Maar is daar so ’n plek in Windhoek? Dit lyk my om aan al hierdie vereistes te voldoen, is haas onmoontlik. Die plekke wat bekostigbaar is, is dié waar jy jou dae in die verkeer gaan omsit, of waarin Windhoek se poeierh*lle nie hul voete sal sit nie. Dis ironies, want dis juis hier waar die einste poeierh*lle se aandaghonger brats hul dagga en ander drugs kom koop. So hoor ek.
Dan is daar die plekke wat amper presies tussen die skool en die werk is, met lekker groot tuine, wat ideaal is vir die honde. Maar sou ons daar bly, sal ek vir Spruit uit die skool moet haal en my kar moet verkoop om dit te kan bekostig.
En dan's daar plekke wat pet friendly is en relatief bekostigbaar, maar waar jy met jou tuiskoms saans dalk ’n slang agter jou TV-kas kan kry. Of ’n knopiespinnekop in jou tuinstoele, of ’n skerpioen in jou bad. Of ’n hondsdol koedoe op jou sitkamerbank.
Al die opsies het voordele en nadele.
Die vraag is nou – watter voordele en nadele is dié waarmee ek en Spruit kan saamleef? Help!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie