Onseker 2017 vir SA banke voorspel
Suid-Afrika was 'n ligpunt vir banke op die vasteland in 2016 met aandele wat die land se ekonomiese uitdagings kon afskud vir hul derde beste prestasie in 'n dekade.
Die prentjie mag dalk nie so rooskleurig in 2017 wees nie.
Die land se bankindeks het vanjaar met 25% gestyg met stygende rentekoerse wat inkomste uit lenings verhoog het, beter hulpbronpryse en die rand wat herstel het.
In Nigerië het 15 banke se aandeelprys gemiddeld met 33% gedaal, terwyl 11 genoteerde banke in Kenia met 29% gedaal het.
“Suid-Afrika het ongeag sy makro-ekonomiese probleme 'n baie goeie ekonomiese struktuur met gesofistikeerde finansiële stelsels,” sê Omotola Abimbola, ontleder by Afrinvest in Lagos, Nigerië.
“Die banke in Nigerië en Kenia het uitdagings gehad ten opsigte van bategehalte en kapitaaltoereikendheid wat die gehalte van verdienste verswak het.”
Suid-Afrikaanse banke het die onlangse politieke, ekonomiese en valuta-onstabiliteit teëgestaan.
Klagtes van bedrog is vanjaar teen Pravin Gordhan, minister van finansies, aanhangig gemaak, wat die rand laat verswak het. Dit is egter later teruggetrek.
Die konstitusionele hof het bevind pres. Jacob Zuma het sy ampseed oortree deur nie vir sekere opknappingswerk aan sy private huis te betaal nie.
Inflasie is hoër as 6%, werkloosheid het 'n 13-jaar-hoogtepunt bereik en volgens die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) gaan die ekonomie vanjaar met net 0,1% groei.
Die land se banke het egter “reeds die meeste van hul winste gemaak” en hul prestasie volgende jaar gaan meer in pas met die res van die mark wees, sê Richard Hasson, portefeuljebestuurder by Electus Fund Managers in Kaapstad.
Skuld
Hy voorspel verbruikers se niepresterende lenings gaan styg in 2017 en so ook dié van sakeondernemings as die ekonomiese omgewing nie verbeter nie.
Niepresterende lenings het banke in Kenia en Nigerië gekniehalter met laasgenoemde se swak skuldverhouding wat tot 13,4% gestyg het. Dit is bykans drie keer die vlak wat deur regulasies bepaal word, terwyl dié verhouding tot 8,3% teen September in Kenia gestyg het.
Volgens Suid-Afrika se vier grootste banke was daar teen einde Junie 'n 15%-toename in niepresterende lenings, berig PwC.
Groei in wins het ook verlangsaam terwyl daar minder samesmeltings en verkrygings is.
“Niepresterende lenings wat toeneem, gaan banke begin beïnvloed en dit gaan moeilik wees om op lang termyn aan regulasies te voldoen,” sê Simon Brown, uitvoerende hoof van JustOneLap in Johannesburg.
“Hulle het dit vanjaar oordoen en ek is nie positief oor 2017 nie.”
Met verbruikers wat onder druk is en ondernemings wat nie geld bestee nie, is daar minder lenings.
Suid-Afrika se vier groot banke moet ook pogings deur sommige politici teëstaan, wat in hul verhoudings met private kliënte wil ingryp. Dit kom nadat hulle die rekenings van die Gupta-familie, wat vriende is met Zuma, gesluit het. “Die bankindeks het goed herstel van die lae waardasievlakke aan die begin van die jaar, maar die vooruitsig vir 2017 is onseker,” sê Jean Pierre Verster, fondsbestuurder by Fairtree Capital in Kaapstad.
“Ons sal moet sien of 2017 'normaal' gaan wees.”
-Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie