Onsekerheid demp ekonomiese groei
Lameez Omarjee - Ekonome verwag Suid-Afrika se ekonomie sal in 2017 gemiddeld met 1% groei. Een van die groot redes vir die stadige groei is die onsekerheid ná die kabinetskommeling in Maart.
Ekonome het hul vooruitsigte Maandag in Sandton in ’n paneelbespreking op Discovery se finansiële beplanningsberaad bespreek.
Colin Coleman, hoof van Goldman Sachs se bedrywighede in Afrika suid van die Sahara, Nazmeera Moola, ekonoom en strateeg by Investec batebestuur, en Ettienne le Roux, hoofekonoom by Rand Merchant Bank (RMB), was lede van die paneel.
Goldman Sachs voorspel groei van 1,5%, maar Moola sê Investec het sy groeivooruitsig van 1,7% tot 0,9% verlaag ná die kabinetskommeling.
Pres. Jacob Zuma het Pravin Gordhan aan die einde van Maart met Malusi Gigaba as minister van finansies vervang.
Moola sê groei sal van hoër hulpbronpryse, ’n groter landbou-oes en beter toerismesyfers kom.
Le Roux sê RMB verwag groei van tussen 0,5% en 1% in 2017 en tussen 1% en 1,5% in 2018. Hy sê ’n toename in mynboubedrywighede weens hoër hulpbronpryse gaan tot ekonomiese groei bydra.
Hy sê die vooruitsigte verbeter nie, weens verskeie faktore wat met onsekerheid verband hou.
Om mee te begin, belê maatskappye nie en is hulle “baie versigtig” om geld te bestee, sê hy.
Sakevertroue is laag met uitvoerende hoofde wat onseker is oor die toekoms.
In dié geval doen maatskappye min om nuwe kapasiteit te ontwikkel.
“Hulle fokus in die huidige klimaat van politieke onsekerheid eerder daarop om koste te besnoei.”
Le Roux sê uitvoerende hoofde kyk eerder hoe om, gegewe die ekonomiese omgewing, doeltreffendheid te verbeter en te herstruktureer.
Hy sê verbruikers is onder druk, want hul inkomste is onder druk weens looninflasie en ’n groter belastinglas.
“’n Hoër belastinglas sal ’n volle persentasiepunt van inkomstegroei besnoei,” sê Le Roux.
Verbruikers begin geld trek uit hul pensioen- en voorsorgfonds wanneer hulle van werk verander, kies goedkoper korttermyn- en mediese versekering om geld te spaar. Meer huurder is ook laat met hul huurbetalings.
Verbruikers en maatskappye is versigtig oor hoe hulle geld bestee,” sê Le Roux.
Hy sê die inflasiekoers wat daal weerspieël die swakker ekonomie. Met verbruikers wat onder druk is, is daar al hoe meer druk op maatskappye om meer mededingend te wees. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie