Onsekerheid vreet aan Jean-Paul
Met sy Olimpiese hoop vir vanjaar reeds begrawe, soek die jongman ander doelwitte om sy visier op in te stel.
Tielman van Lill - Jean-Paul Burger, een van Namibië se elite driekampatlete en gewese wêreldkampioen in sy ouderdomsgroep in die Halfysterman, is onseker wanneer hy weer aan 'n kompetisie sal deelneem.
Die 23-jarige Burger was laas jaar nog goed op koers om vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio te kwalifiseer, maar 'n lastige hakskeenbesering het sy planne behoorlik omver gegooi.
Behalwe sy achilleshiel het die tekort aan borgskappe sy droom ook ernstig in die wiele begin ry. Om gereeld aan die gerekende byeenkomste deel te neem wat vir jou ranglyspunte verdien, kos groot bedrae en in 'n stadium moes die gebore Windhoeker toegee dat hy nie meer vir 'n Olimpiese debuut in Tokio die paal sou haal nie.
Burger het aan Republikein vertel hy moes 'n keuse maak, want ná behandeling deur verskeie fisioterapeute en chiropraktisyns het hy steeds knaende pyn ondervind wanneer hy gehardloop het. Selfs met sy pyngrens wat heelwat hoër as dié van gewone sterflinge is, kon Burger eenvoudig nie meer die pyn verduur nie.
Boonop het die coronavirus intussen ongenooid sy opwagting in Afrika en die res van die wêreld gemaak om Burger se vordering verder te kortwiek.
“Om eerlik te wees, ek weet nie wanneer ek weer gaan kompeteer nie. Met sake wat verlede jaar nie vir my uitgewerk het om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer nie, was my plan om vanjaar die volle Ysterman-afstand (140.60 myl) te pak.
“Die rede hoekom ek die Ysterman einde vandeesmaand in Port Elizabeth wou doen (dit is intussen tot middel November uitgestel), is om vir die jaarlikse ikoniese Kona Ironman-wêreldkampioenskap in Hawaii in Oktober te kwalifiseer. Maar geld is opnuut 'n hindernis, want om in Hawaii te kom, gaan my tussen N$150 000 en N$200 000 uit die sak jaag.
“Ek het tans nie borge nie. Ek het wel vir 'n ruk die Janine & Suzelle Davin Sporttrust as borg gehad, maar dié ooreenkoms is lankal iets van die verlede.
“Ek het intussen probeer om by die internasionale Zwift-sportakademie in te kom. Die probleem is egter hulle vat net agt atlete per jaar en in 2020 was daar meer as dertigduisend aansoeke! Zwift is 'n fantastiese akademie wat jou van 'n nuwe tydtoetsfiets en binnenshuise trapmeul voorsien om op vir die Kona-wêreldkampioenskap te oefen.
“Hulle betaal basies alles vir hul atlete. Jy word na Amerika gevlieg om windtonneltoetse op die aero-fiets te doen en twee weke voor die kompetisie in Hawaii word hul agt atlete daarheen gevlieg. In Hawaii sorg Zwift vir alle onkoste wat dinge soos dieetkundiges, fisioterapeute, afrigters asook akkommodasie insluit.
“Die kort en lank is dat ek ongelukkig nie by Zwift gekeur is nie. Dit was vir my 'n skok, want my getuigskrif weeg swaar genoeg om die wêreldkampioenskap in my ouderdomsgroep in Kona te kon wen.
“Dus gaan dit vir my sinneloos wees om in Port Elizabeth deel te neem. Al kwalifiseer ek vir Kona, moet ek onmiddellik my deelname met 'n betaling bevestig en waar gaan ek die res van die geld kry om in Hawaii te kom?
“Dit was my plan vir 2020 en dit het nie uitgewerk nie. Omrede ek nie weet waarheen my pad vir die jaar nou lei nie, is ek wat my sport betref op 'n redelike laagtepunt.
“Al het ek 'n Suid-Afrikaanse en 'n ouderdomsgroeptitel by die wêreldkampioenskap agter my naam, is dit onrusbarend moeilik om borge te kry. In Europa doen ouens van my ouderdom die sport vir 'n lewe.
“Ek gaan nie my droom en passie prysgee nie. Ek sal wel een of ander tyd aan die Kona-wêreldkampioenskap kan deelneem en ek sal volgende jaar weer weer by die Zwift-akademie aansoek doen.
“Dit is nou bykans 'n jaar sedert my achilleshiel probleme begin gee het. Dit is wel 'n bietjie beter en nie meer so opgeswel met inflammasie nie, maar dit is steeds nie 100 persent reg nie. Ek het die afgelope drie dae vyf-en-dertig kilometer gedraf en ek voel steeds pyn.
“Die Kona is en was nog altyd my grootste droom. Intussen is daar darem die volgende Statebondspele om voor te werk (Birmingham 2022). Om ernstig aan kompeterende driekamp deel te neem, moet 'n atleet ses tot sewe ure per dag oefen.
“Vanjaar sal ek egter net plaaslik naby die Kaap aan kompetisies deelneem wat my nie groot geld gaan kos nie. Daar is 'n moontlikheid dat ek volgende jaar na Namibië gaan terugkeer. Dan sal ek ernstig by padfietsry betrokke raak. Dalk net is daar nuwe moontlikhede wat op my wag,” het Burger vertel, wat steeds in die Kaap gevestig is hoewel hy in 2018 afgestudeer het.
Burger was tot dusver 'n spesialis in die 70.3-triathlon, wat uit 1.9 kilometer swem, 90 km fietsry en 21.1 km hardloop bestaan. Dié totale afstand is 70.3 myl.
In September 2018 het hy in Port Elizabeth sy klas onderstreep toe hy die manskategorie 18 tot 24 jaar by die 70.3 Isuzu Halfysterman wêreldkampioenskap gewen het. Hy was drie minute voor sy naaste mededinger en was algeheel 22ste van die mans.- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie