'Onstuitbare' Mali uitgedaag
Op papier is die Brave Warriors ongetwyfeld die buiteperd, maar tog 'n potensieel gevaarlike een.
Tielman van Lill – Mohamed Magassouba, hoofafrigter van Mali, sal sy troepe vanaand sonder hul gereelde kaptein Abdoulaye Diaby loslaat vir hul belangrike kwalifiserende wedstryd teen Namibië se Brave Warriors in groep A vir die Kameroen 2021 Afrika-Nasiesbekertoernooi.
Les Aigles (Die Arende) het met 'n sterbelaaide oefengroep van 23 spelers van meestal Europese klubs vir hul eerste botsing teen Namibië kamp opgeslaan.
Magassouba het die luukse dat hy bykans twee volle nasionale spanne kon kies uit spelers wat tans hul sokker professioneel in Europa se gerekende topklubs speel.
Agt van sy verdedigers is by topklubs in Frankryk, terwyl een elk in Duitsland, Portugal en Spanje hul by die Arende aangesluit het. Vier middelveldspesialiste speel in Frankryk (twee), Engeland en Duitsland. Sewe van sy voorspelers het uit Frankryk (vyf), Engeland en Italië aangesluit. Net een doelwagter is van Lusitanos FC in Frankryk, met drie hoopvolles in die groep wat in Guinee, Mali en Demokratiese Republiek die Kongo die laaste vesting verdedig.
Die middelveldspeler Aliou Dieng (Al Ahly, Egipte), die verdedigers Modibo Sagnan (Real Sociedad, Spanje) en Samba Camara (Sivasspor, Turkye) asook die gewese nasionale o.20-speler, Issaka Diarra is van die ander opvallende insluitings.
Magassouba het wel besluit om sonder kaptein Abdoulaye Diaby (Getafe, Spanje) en aanvaller Moussa Maréga (Porto, Portugal) die bul by die horings te pak. Hy het eerder spelers soos die middelvelder Kouamé N'Guessan (Troyes, Frankryk) en gewese Lyon-verdediger, Youssouf Koné (Elche, Spanje) na die arendsnes betrek.
Die voorspeler Ibrahima Tandia (Al Hazm, Saoedi-Arabië) maak moontlik ook deel van die gesoute strateeg se planne uit.
Mali is tans in groep A saam met Guinee met vier punte die voorlopers, gevolg deur Namibië (3) en die puntelose agteros, Tsjad.
Op papier skiet die Namibiërs ver te kort teen die Arende se ooglopende buitelandse valuta. Maar Bobby Samaria, hoofafrigter van die Warriors, sal bitter graag die botsing in die Stade du 26 Mars-stadion in Bamako wil wen, of minstens 'n gelykopuitslag afdwing.
Die Warriors het reeds Dinsdagnamiddag met WestAir in Bamako geland. Dié direkte vlug na Mali het hulle broodnodige tyd besorg om in die plaaslike toestande hul voete te vind.
Die wedstryd word môreaand negeuur Namibiese tyd (19:00 in Mali) in 'n leë stadion sonder die oorverdowende aanmoediging van plaaslike ondersteuners gespeel, waaroor die besoekers sekerlik verlig sal wees.
Samaria is hoopvol dat die teenwoordigheid van Ryan Nyambe (verdediger van Blackburn Rovers) en Deon Hotto hul spanmaats se spelpeil sal lig. Veral Hotto is 'n warm patat wat laas Sondag teen Kaizer Chiefs as Orlando Pirates se speler van die wedstryd aangewys is. Die Namibiërs se vlugvoetige opsies in die middelveld kom gewoonlik as 'n sterk punt na vore om doelkanse vir die voorspelers te skep.
Die Brave Warriors se kaptein, Petrus Shitembi, het in 'n onderhoud gesê: “Die oefensessies het goed verloop en ons het 'n paar nuwe gesigte in die groep. Die wedstryd gaan moeilik wees, want dis 'n wegwedstryd teen 'n baie ervare span wat net soos ons sterk ambisie het om te kwalifiseer.
“Maar ons is hier met 'n doelwit.
“As spelers besef ons dat ons die afrigterspan se plan doeltreffend moet uitvoer as ons punte uit hierdie wedstryd wil verdien.”
Die Brave Warriors-groep wat na Mali gereis het: Lloydt Kazapua, Virgil Vries, Edward Maova, Ryan Nyambe, Ananias Gebhardt, Riaan Hanamub, Emilio Martin, Vitapi Ngaruka, Larry Horaeb, Denzil Haoseb, Peter Shalulile, Deon Hotto, Dynamo Fredericks, Teberius Lombard, Petrus Shitembi, Immanuel Heita, Obrey Amseb, Absalom Iimbondi, Marcel Papama, Alfeus Handura, Elmo Kambindu, Hendrik Somaeb, Panduleni Nekundi, Salomon Omseb, Benson Shilongo.
Die wedstryd kan glo vanaf 21:00 (Namibiese tyd) by www.livesoccertv.com/match/3813010/mali-vs-namibia/ gekyk word.
Die Wariors en Mali speel volgende Dinsdag in die Sam Nujoma-stadion in Katutura in die herontmoeting – opnuut in 'n leë stadion.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie