Ontdek ongerepte natuur by Wolwedans

Francoise Steynberg
Wolwedans Dune Camp bied die ideale basis om uitgestrekte dele van die ongerepte natuur te verken waar klein en groot woestynbewoners, interessante flora en betowerende geologiese verskynsels ontdek kan word.

Die sjarme van dié kamp lê in sy rustige, intieme atmosfeer, wat die romantiek van 'n vervloë era vasvang.

Tydens Eco Awards Namibia se onlangse volhoubaarheidsevaluering het Wolwedans Dune Camp baie goed gevaar. Die kamp het volpunte in die afdelings vir bestuur, bewaring, energie en gidse behaal, en meer as 90% in die geheel.

Dié prestasie het Wolwedans Dune Camp in staat gestel om vir die Verantwoordelike Toerisme-toekennings (RTA) 2019 te kwalifiseer, wat deur Namibia Media Holdings (NMH) aangebied word.

Wolwedans word ook deur The Long Run as 'n Wêreldwye Ekosfeer-oord erken, waarvan die lede die 4 C's (community, conservation, commerce en culture) vir 'n volhoubare balans tussen mense, die planeet en wins bereik het.

Finaliste vir hierdie toekennings sal in Maart aangekondig word, en die wenners sal tydens die amptelike opening van die Namibië Toerisme-ekspo (NTE) in Junie aangewys word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!