Onteiening as dreigement
Onteiening as dreigement

Onteiening as dreigement

Dani Booysen
Verlede week is ‘n mosie deur die amptelike opposisie rondborstig deur verskeie senior leiers van Swapo ondersteun.

Sulke gebeure is seldsaam. Op die agenda was die voorgenome uitsetting van honderde inwoners van ‘n toenmalige myneiendom op Tsumeb.

Natuurlik moet wetgewers die lot van inwoners na die huis bring en ingryping vra. ‘n Pluimpie vir die PDM-leier, mnr. McHenry Venaani, in die opsig.

Intussen het die eienaar van die perseel aan Republikein vertel hoe hy al byna drie jaar onsuksesvol ‘n verlammende stryd teen wanbetaling en vandalisering voer. Die deel van die prentjie is nie in die Nasionale Vergadering geskets nie.

Elke Namibiër verdien ‘n waardige dak oor die kop. Die regering van Swapo moes egter die afgelope 30 jaar die klimaat hiervoor skep. Swapo-leiers wat nou saam teen ‘n vermeende onreg en selfs soortgelyke reddingsplanne vir alle myndorpe voorstel, is deel van ‘n regering wat Namibië help bring het waar ons nou sit. Hulle kan hulself allermins hoogheilig hou.

Om onteiening los en vas as oplossing vir eiendomskwessies voor te gou, hou groot gevare in. Selfs al is dit met beweerde billike vergoeding.

Sulke besluite behoort nie by wetgewers nie. Daarvoor is daar ‘n deling van magte en verskanste regte.

Ons almal weet wat met Ongombo-Wes gebeur het, waar ‘n arbeidsgeskil politieke vure gestook het wat op onteiening uitgeloop het.

Ou en selfs onlangse lesse van hier en elders moenie uit die bloute vergeet word nie.

So sê ander

25 Februarie 2020

Still a work in progress

The nation commemorates the 1986 people power revolution today with the country’s largest broadcast network facing possible closure chiefly because it has incurred the ire of the top official of the land.

The National Telecommunications Commission explained that ownership issues raised against ABS-CBN are gray areas that have yet to be settled amid a rapidly evolving media and telecommunications landscape.

The NTC explanation provides fodder to those who see the travails of ABS-CBN – which was seized by the Marcos dictatorship during martial law – as a serious threat to press freedom. The administration has dismissed such fears as baseless fake news bordering on paranoia.

There are Filipinos who have been disillusioned by people power, mainly because the revolt failed to bring about the expected dramatic reforms. Corruption has become endemic; human rights are violated with impunity; cronyism is galloping back. Democratic institutions remain fragile and the country remains controlled by a miniscule elite.

But the revolt is a work in progress, and building a strong democracy does not happen overnight. Thirty-four years after Filipinos restored democracy in a peaceful uprising, the saying holds true: the price of freedom is eternal vigilance. And building a strong, dynamic and free republic requires a lot of hard work.

• THE PHILIPPINE STAR

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!