Onteiening – wat gebeur nou?
Volgens ’n kenner het die buurland se regering moontlik besef hy is in ’n hoek vasgekeer, maar hy kan met slim planne daaruit kom.
William Horne – Dit wil voorkom asof die regering tog ag slaan op die besware en vrese oor grondonteiening sonder vergoeding, sê Theo Boshoff, die landbousakekamer Agbiz se hoof van regsintelligensie.
Boshoff sê die regering het bes moontlik besef hy is in ’n hoek vasgekeer, maar hy kan met slim planne daaruit kom.
Aan die een kant sal populistiese elemente in die ANC, ander politieke partye (soos die EFF) en die verwagtinge wat nou by gewone mense geskep is, niks anders toelaat as ’n wysiging van art. 25 van die Grondwet nie. Die regering sal dus grondonteiening sonder vergoeding teoreties moet moontlik maak.
Aan die ander kant beteken die kritiek van oor die wêreld heen dat die regering ’n manier moet vind om te verseker hy skrik nie beleggings in die land, en veral in die landbou, af nie. Daar sal dus bes moontlik ’n klousule in wetgewing ingeskryf word wat sal verseker dat voedselsekerheid nie ontwrig mag word nie.
Boshoff sê ’n lang pad lê voor voordat Suid-Afrikaners werklik sal weet hoe onteiening toegepas sal word.
Weens die voortdurende onsekerheid oor die bewoording van die wysiging aan die Grondwet is dit moeilik om vas te stel in watter rigting die regering sal kies om te beweeg, maar Agbiz glo daar is genoeg bewyse om “tussen die lyne” te kan lees.
“Ons was by die nasionale sittings oor grondhervorming in die parlement van September tot Oktober, en die heersende siening daar was dat ’n wysiging van die Grondwet nie nodig is nie. Daar is reeds genoeg voorsiening in art. 25 gemaak om doeltreffende onteiening toe te pas,” sê Boshoff.
Die sienings tydens sittings by die Nasionale Raad van Provinsies was wel baie ten gunste van ’n wysiging van die Grondwet.
“Maar nou is die regerende party in ’n dilemma,” sê hy.
Dit beteken dat die regering waarskynlik sal neig na ’n interpretasie van art. 25 wat geen vergoeding behels nie, maar hulle sal steeds die ekonomiese impak probeer minimaliseer, sê Boshoff.
Die waarskynlikste uitkoms van die proses sal volgens Agbiz wees dat:
1. Die interpretasie van art. 25 van die Grondwet sal dalk wees dat “regverdige en billike vergoeding” ook R0 kan insluit – dus geen vergoeding nie.
2. Art. 25 sal dalk slegs ’n klein wysiging ondergaan om enige regsaksie te verhoed teen die veranderings en om voedselsekerheid te verseker, maar wat steeds die populiste tevrede sal hou.
Geen vergoeding sal waarskynlik van toepassing wees op:
· Ongebruikte grond;
· Verlate geboue;
· Grond wat slegs vir spekulasie gekoop is; en
· Grond waar verhuurders afwesig is.
Gedeeltelike vergoeding sal waarskynlik van toepassing wees op:
· Die waarde van enige vaste verbeterings waar die grond se waarde nie voor vergoed sal word nie;
· Geboue, kanale, infrastruktuur, ens.; en
· Grond wat nog nie afbetaal is nie, of dalk sal vir die waarde van die uitstaande lening vergoed word.
Boshoff sê dat die konsultasieproses nog belangrik en doeltreffend sal wees tot die dag dat die wetsontwerp in die Nasionale Vergadering ingedien word.
Agbiz sê sy betrokkenheid in die proses is ’n gegewe. “Totdat die wetsontwerp aanvaar word, kan ’n mens nie sê
dat die konsultasieproses gebrekkig was nie. Ons moet nou net ons deel doen.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie