Ontheemdes se situasie 'kommerwekkend'
Ontheemdes se situasie 'kommerwekkend'

Ontheemdes se situasie 'kommerwekkend'

Omusati se goewerneur is genoop om humanitêre organi­sasies te nader om hulp aan die Angolese vlugtelinge te bied.
Tuyeimo Haidula
Tuyeimo Haidula op Oshakati – Die situasie het vererger vir Angolese vlugtelinge wat in die Omusatistreek woon, en het die goewerneur, mnr. Erginus Endjala, genoop om by humanitêre organisasies om hulp aan te klop.

Endjala het gister gesê hulle kon danksy die Namibiese Rooikruisvereniging daarin slaag om watertenks en ablusiegeriewe op te rig en die immigrante van watersuiweringstablette voorsien.

Hy het gesê hulle het die mense na 'n meer geskikte gebied by die Etunda Elcin-kerksentrum verskuif.

“Aanvanklik wou ons nie vir hulle tente gee nie, want dit sou die reëling te permanent maak. Die situasie het egter kommerwekkend geword,” het hy gesê.

Mnr. Andreas Shindama, 'n raadslid vir die Ruacana-kiesafdeling, het Maandag gesê die aantal immigrante is 2 352, van wie meer as 1 400 kinders tussen die ouderdomme van nul en tien is.

Shindama het gesê die ouderdomme moet geskat word, omdat die meeste Angolese nie geletterd is nie.

In Mei was die aantal onwettige migrante in die Omusatistreek 1 250, terwyl die Ohangwenastreek 150 Angolese burgers gehuisves het. Dit is net die mense wat die Namibiese regering wel kon aanteken, aangesien daar moontlik ander is wat die land onwettig binnegekom het.

Die goewerneur van die Cunene-provinsie, me. Gerdina Ulipamwe Didalelwa, het die vlugtelinge gevra om terug huis toe te keer sodat hulle gehelp kan word.

Didalelwa het in Mei gesê haar regering is eers ingelig die Angolese burgers in Namibië is op soek na werk, maar dit is later vasgestel dat hulle hul huise verlaat het weens die water- en voedselkrisis in die land. Sy het gesê 590 000 mense in Angola word deur die droogte geraak.

Endjala het gesê die Angolese burgers weier om na hul land terug te keer vanweë onsekerheid, en hul regering wat glo voortdurend leë beloftes maak. Hy het gesê die bejaarde vlugtelinge het aangedui hulle is bereid om terug te keer na Angola wanneer dit weer begin reën, en het die Namibiese regering versoek om hulle van saad vir die oestyd te voorsien. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!