Onthou ju00f3u00fa video
Onthou ju00f3u00fa video

Onthou jóú video

Dani Booysen
'n Baba wat met die rugbybal vorentoe storm. Gemsbokke wat sokker speel. Die Zeila, Henties se skeepswrak, vanuit die lug.

Hierdie was maar net van die onderwerpe van meer as 100 video's wat reeds vir Kletskompas, Republikein se geselsprogram op Facebook, se kompetisie ontvang is.

Volgende week wys ons die laaste inskrywings vir November. As jy dus nog nie jou spesiale video-oomblikke met ons gedeel het nie, WhatsApp dit na 0811 7000 10 met volledige besonderhede.

Die drie afdelings in die kompetisie is “Ons land, ons natuur,” “Ek was daar” en “Mense, hul diere en dinge”. Video's moet nie langer as 'n minuut wees nie.

Woermann Brock, Gondwana Collection, Home Corp en MultiChoice Namibia (DStv) borg pryse met die gesamentlike waarde van N$75 000 vir deelnemers en mense wat per SMS vir hul gunstelinge stem.

September se finaliste is reeds aangewys en mense kan tot Sondag vir Oktober se weeklikse wenners stem. Volgende week se inskrywings sal deel wees van die uitdunne vir November.

Die wenners word op 22 Desember regstreeks in Kletskompas aangekondig.

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!