Onthou Vrydag se bloedmaan
Elvira Hattingh - Sterre-entoesiaste moenie Vrydag se bloedmaan mis nie. Die langste totale maansverduistering vir die 21ste eeu sal reeds om 19:14 begin – bykans 'n uur ná die maan oos-suidoos in Windhoek opgekom het.
Boonop sal Mars dan reg langs die verduisterde maan sy verskyning maak, terwyl dié planeet ook vandeesmaand sy naaste punt aan die aarde sedert Augustus 2003 bereik.
Tydens totale maansverduisterings word dikwels na 'n “bloedmaan” verwys weens die rooierige kleur wat die maan aanneem. Namibië is een van die ideale plekke om die komende maansverduistering te sien, saam met plekke soos Australië, Asië, Europa en Suid-Amerika.
Die totale duur van die verduistering is ses ure en 14 minute. Na verwagting sal die middel van die verduistering teen 22:21 bereik word, waarna dit op 28 Julie teen 01:28 tot 'n einde sal kom.
Boonop sal die maan op 27 Julie op sy verste punt van die aarde af wees en kleiner as gewoonlik in die lug vertoon.
Op 27 Julie bereik Mars ook opposisie, wat beteken die son, aarde en Mars vorm 'n reguit lyn - met die aarde in die middel.
Op 31 Julie sal die rooi planeet amptelik sy naaste punt aan die aarde in 15 jaar bereik.
In 2003 was dit sowat 56 miljoen km van die aarde af en tóé was dit die naaste wat die rooi planeet in
59 619 jaar aan ons gekom het. Mars sal vir nog baie maande sigbaar wees – ook ná Julie en Augustus. Dit sal egter maand ná maand kleiner vertoon soos dit verder van ons af wegbeweeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie