Ontkenning baat niemand
Pres. Hage Geingob se dreigement aan dié wat dit sou waag om Pandora se kis oor die vergrype van die verlede oop te maak, laat ’n mens wonder oor die vlak van berusting in die nasionale psige.
Kon ons werklik die onregte wat gepleeg is agter ons sit?
Namibië het nooit ’n proses van herstellende beregting soortgelyk aan Suid-Afrika se verhore voor die Waarheid- en Versoeningskommissie (WVK) deurloop nie.
Met die implementering van Resolusie 435 is breë amnestie toegestaan vir vergrype aan beide kante van die gevegsfront. Dié kollektiewe vryskelding is destyds as grootmoedige vergifnis bestempel en het een van die dryfvere vir nasiebou geword.
Dit is egter so dat die sweer oor die verlede van tyd tot tyd oopbars: oor vergrype deur dié wat die Apartheidsregime in stand wou hou sowel as die vryheidsvegters wat hulle daarteen verset het.
Dit laat ’n mens wonder of ’n nasionale proses waar vergifnis deur openbare belydenisse van berouvolle oortreders vooraf gegaan is, nie groter innerlike genesing vir die nasie sou bring nie.
En hier word nie van ’n vergeldende proses en strafregtelike vervolging gepraat nie, maar van een waarin die onregte wat gepleeg is sonder wraak herstel word.
Van die beskuldigings deur slagoffers van byvoorbeeld die Lubango-gate is juis die gebrek aan opregte belydenisse teenoor die verontregtes.
Die staatshoof se dreigement aan diegene wat “die ou wonde van die verlede oopkrap”, wys die regering ontken die pyn en wil die drukkoker se deksel eerder digter toedraai.
Vrede kan net verseker word as ons in ’n gees van medemenslikheid mekaar nie in die oë kyk, ons vergrype bely en vergifnis vra.
Netwerk24, 27 Augustus
Jammer dat SA elders van grondplanne moet lees
Nadat pres Donald Trump van Amerika op sy gunsteling-seepkis, Twitter, gesê het hy laat ondersoek instel na onder meer Suid-Afrika se grondonteieningsbeleid, het pres. Cyril Ramaphosa hom op sy beurt gou tot die Britse Financial Times gewend om duidelikheid oor sy regering se standpunt te verskaf en beleggers, boere en ekonome gerus te stel.
Dit is werklik jammer dat Ramaphosa nie sy eie media gebruik het om die regering se benadering tot grondherstel uit te stippel nie.
In sy meningsartikel benadruk Ramaphosa dat die staat geen grondgrypery sal goedkeur, beleggings sal ondermyn of landbouproduksie en voedselsekerheid sal benadeel nie. Voorts sal die regering teen alle wetsoortreders optree en eiendomsregte versterk, ook van diegene wat tans geen eiendom besit nie. Hy ontken ten sterkste dat die doelwit is om alle grond te nasionaliseer, soos wat die EFF beoog.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie