Ontleder: 'Landbou kan ekonomie vanjaar stoot'
Ná agt kwartale uit resessie
Vida Booysen
Lae ekonomiese groei is die “nuwe normaal” vir Suid-Afrika en die enigste sektor wat dit kan verander, is die landbousektor.
“Ons weet nou dat verlede jaar se groei eintlik net 0,3% was en die kanse dat ons uit hierdie laegroei-omgewing gaan beweeg, is eintlik baie skraal,” sê Theo Venter, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool.
Venter het op Glacier van Sanlam se beleggingsberaad in Golden Gate gesê “omringende gebeure” speel 'n groot rol om groei vanjaar ook laag te hou. Hy het veral verwys na politieke onsekerheid in die buiteland en Suid-Afrika.
Maar die helde in die verhaal is die landbouers – hulle moet met ontsag behandel word vir die ekonomiese bydrae wat hulle lewer, sê Venter.
“Die oes op die land in hierdie stadium word geraam op tussen 12 en 13 miljoen ton. As dit waar is, gaan landbou vir die eerste keer in agt kwartale uit 'n resessie kom.”
Dit kan dié sektor vanjaar met 20% laat groei. Saam met die beleggings in die res van die landbouwaardeketting kan dit vanjaar 'n bydrae van tot 1% tot nasionale ekonomiese groei lewer, sê Venter.
“Die mielieboere kan ons dalk help om 'n kredietafgradering teen te werk.” Venter het ook daarop gewys dat die regering se landboubegroting vanjaar weer nie voorsiening vir radikale grondhervorming maak soos voorsien in pres. Jacob Zuma se staatsrede nie.
“Maar net R26,5 miljard is vir landbou gegee, waarvan R11,5 miljard die salarisse van amptenare is, R6 miljard is vir vaste koste soos dienste opsy gesit, so dit sluk reeds 70% van die landboubegroting in. Net R1,1 miljard is aan grondhervorming toegeken.
“Hoe doen jy radikale ekonomiese transformasie, maar jy ken minder geld daaraan toe as voorheen?” het Venter gevra. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie