Ontmoet die divas van Dawid Bezuidenhout

Helene Bam
In 2013 het Jacque en Lee-Ann Louw besluit om basketbal vir meisies by die Sekondêre Skool Dawid Bezuidenhout aan te bied.

Jacque en Lee-Ann het albei basketbal op skool gespeel. Hulle het geglo die struktuur en spanwerk wat sport vereis kan gebruik word om leerlinge te motiveer.

Dit sal hulle ook help om weg te bly van alkohol, dwelms en tienerswangerskappe, het die paartjie geglo.

Meisies tussen graad 8 en graad 12 kan by Dawid Bezuidenhout basketbal speel. Sedertdien het dié skool se span, die Dawid Bezuidenhout Divas, soveel vordering gemaak dat hulle in 2013 genooi is om aan die Spesiale Olimpiese Spele in Namibië deel te neem.

In 2014 het hulle 'n derde plek bereik in die Khomas Secondary School Region (KSSR) basketbal-liga.­ Hulle het 'n toekenning gekry vir die­ span wat die meeste gevorder het. Van die spanlede is beloon met afrigting deur 'n bekende basketbal­afrigter uit Australië.

In 2015 het hulle 'n tweede plek behaal in die KSSR basketbal-liga, hoewel hulle net sewe spelers was. Een van die spelers, Clowi Greyton, het 'n prys ontvang vir die beste verdedigende speler van 2015.

In 2016 het die span tweede gekom teen die Sekondêre Skool Centaurus.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!