Ontmoet Namibië se eie twee Forrest Gumps
Uithouwedlope
Tielman van Lill – Die 35-jarige Les Trollope van Windhoek is sedert Nuwejaarsdag besig om die wêreld aan die brand te hardloop.
Dié chiropraktisyn van Healing Hands in Windhoek en sy vriend Luan Reinders (31) het op 1 Januarie met Strava se January 465-uitdaging begin.
Die Januarie 496 is ’n uitdaging wat vereis dat Les elke dag van dié maand dieselfde kilometerafstand as die datum op daardie dag hardloop. Die eerste dag moes Les dus net een kilometer draf; op dag twee was dit 2 km en so vermeerder die daaglikse afstand met die kalenderdag!
In totaal sal hy en Luan vandeesmaand reeds 496 km op die Strava-webtuiste geregistreer.
Op 21 Januarie het Les soos gewoonlik teen 03:30 in die pad geval en ’n volle 21 km (halfmarathon) afgelê ná die vorige dag se 20 km in sy bene.
Sy halfmarathon (21.13 km) het hy in 1 uur 38 minute voltooi. Dié haastige pas beteken Les het teen bykans 13 kilometer per uur nie sy bene gespaar nie!
Die beste van alles is dat Les nadat hy sy daaglikse uitdaging voltooi het, werk toe gaan waar hy doodluiters sy pasiënte behandel. Teen seweuur saans is hy in die bed om vir die volgende dag sy energie te herwin.
Len het aan Republikein gesê: “Ek het Luan genader om saam met my die 465 km te trotseer. Hoewel ons nie elke dag skouer aan skouer kon hardloop nie, het ons dit naweke saam gedoen. Wanneer ons individueel gehardloop het, het ons op dieselfde tyd begin en geëindig.
“Ons as chiropraktisyns sê beweging is medisyne. Dis die goedkoopste en gesondste terapie moontlik. Stap, draf of ry fiets as jy kan. Oefen in jou sitkamer, dis ewe effektief.
“Ek kry elke dag met mense se gesondheid- en biomeganiese probleme te doen en ek het vroeg in my loopbaan besef hoe belangrik dit is om nie passief te wees nie. Om te oefen, sal ’n positiewe effek op enige mens se fisieke en geestelike gesondheid hê.
“As ’n hardloper vir baie jare, het ek besluit om met ’n bewusmakingsveldtog te begin deur ’n voorbeeld met ’n persoonlike uitdaging te stel. Enige doelwit kan bereik word. Dit kan vir jou persoonlike gesondheidsredes wees, of om ’n uitstaande atleet te word.
“Dus het ek met die Januarie 465-projek begin en myself daagliks voor ’n toets gestel. As mense met enige oefening begin, of dit nou draf, fietsry of ander vorm van beweging is, maak nie saak nie. Begin klein, met ’n spesifieke mikpunt en bou jouself op. Dis belangrik om ’n gewoonte daarvan te maak.”
Met net vier dae van Januarie en 118 km oor om te voltooi, is die einde vir die twee hardlopers in sig. Hy en Luan vertrek vandag vanaf Windhoek na Swakopmund waar hulle môreoggend vyfuur 29, Sondag 30 en Maandag die laaste 31 km gaan hardloop.
Hulle kan doen met ’n bietjie aanmoediging. Veral Les hou van mense en sal dit waardeer as die twee ondersteuning kry. Hardloop ’n ent saam met Les en Luan en kyk of jy kan byhou.
– [email protected]
FOTO’s verskaf
Les Trollope
Luan Reinders
'n Skermgreep van Les Trollope se halfmarathon wat hy in 1 uur 38 minute voltooi het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie