Ontmoet vanjaar se Namibiese Einsteins
Redaksionele span - Die skoner geslag het hierdie jaar stof in die graad 12-seuns se oë geskop en het nie minder nie as agt plekke onder die toptien presteerders in die land opgeraap.
Larisa Oosthuizen van Windhoek Hoërskool is die nommer een slimmerd in die land. Sy is een van drie leerlinge onder die toptien uit dié skool.
Sê sy: “Baie mense maak die fout om te dink jy is onder die top-10 oor die eindeksamen. Ek het van die eerste dag van graad 11 af hard gewerk.”
Sy gaan in 2018 by die internasionale sportkollege, Eta Kollege, se kampus in Windhoek ’n sportkursus doen, en terselfdertyd deur die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) ’n BSc-graad in biotegnologie doen.
Sy sê graad 12’s moenie die werk tot aan die einde los nie. “Jou matriekjaar is besig; geniet dit, maar behou fokus.”
Lauri-Anne Potgieter van die Edugate Akademie op Otjiwarongo is tweede. Sy wil eendag ’n pediater (kinderarts) word, maar wag nog om vir mediese studies gekeur te word. Sy gee die eer vir haar sukses aan haar Hemelse Vader wat haar met deursettingsvermoë geseën het. “Baie krediet gaan ook aan my skool wat my elke geleentheid gegee het om te leer, te ontwikkel en te verbeter.”
Haar raad is goeie tydsbestuur en om jou oë op die einddoel te hou.
Die ander toppresteerder van Windhoek Hoërskool is Maryke van der Merwe. Ná ’n jaar van harde werk en groot genade wil sy nou medies gaan studeer. Aan volgende jaar se graad 12’s sê sy: “Geniet jou matriekjaar, maar onthou om steeds verantwoordelik op te tree, want jou hele toekoms hang daarvan af.”
Die breinboffin Henry Johnston van St. Paul’s Kollege is vierde in die land. Vir hom het dit daaroor gegaan om te verstaan wat hy leer en nie net die werk te memoriseer nie. Sy kop staan Stellenbosch toe waar hy in megatronika gaan studeer om eendag nanorobotika in die mediese veld te beoefen. Sy groot droom is om saam met Elon Musk te werk en mediese deurbrake te bewerkstellig. Sy raad aan ander is om doelwitte te hê wat hul eie is, en nie dié van hul ouers is nie.
Henryke Garbers van Windhoek Gimnasium dra die eer vir haar vyfde plek aan die Hemelse Vader op, tweedens aan haar skool en onderwysers en laastens aan haar wonderlike familie wat haar ondersteun en aangemoedig het.
Nou wag sy in spanning om te hoor of sy vir medies gekeur is nadat sy by drie universiteite in Suid-Afrika aansoek gedoen het.
“Werk hard deur die jaar en doen elke dag jou deel, al is termynpunte nie belangrik is nie. Dan het jy nie ’n massa werk om voor die eindeksamen te leer nie,” is haar raad.
Helena Wassenaar van St. Paul’s Kollege sê sy het baie hard geleer, maar dit darem ook geniet omdat die werk haar geïnteresseer het. Sy wil ’n geofisikus word en gaan in geologie aan die Universiteit Stellenbosch studeer.
Haar raad? Begin vroeg en wees voorbereid.
Windhoek Gimnasium se Jana Spoerer is nommer sewe in die land se A-span. Haar toekomspaadjie lei ook Stellenbosch toe waar sy in laserfisika gaan studeer.
Sy geniet dit om te studeer en meen dít dra tot haar akademiese sukses by. Verder het sy baie ondersteuning van haar “liefdevolle familie en fantastiese onderwysers” gekry.
Sonder ’n vaste doel voor oë kan ’n mens nie fokus behou nie, sê sy. Verder moet ’n mens nie jouself met ander vergelyk nie, maar net jou beste gee.
Dawie Fourie van Windhoek Hoërskool kom uit ’n huis van slimkoppe. Sy twee ouer broers was ook onder die toppresteers in Namibië. Hy glo elkeen is gebore met ’n talent wat God hom of haar gegee het, en moet dit tot Sy eer aanwend.
“Ek gaan B.Rek by die Universiteit Stellenbosch studeer om ’n geoktrooieerde rekenmeester te word. Ek het ’n kontrak by PwC gekry om ná my studies by hulle te gaan werk.”
Aan volgende jaar se graad 12’s sê hy: “Jy moet hard werk, want dit hang van jou af wat jou toekoms is. Jy is die kaptein van jou lewe.”
Anja Barnard, ook van die Edugate Akademie, meen ook die eer vir haar prestasie kom God, haar onderwysers, familie en vriende toe vir die motivering wat sy ontvang het.
Net soos Dawie, gaan sy ook op Stellenbosch B.Rek studeer en droom daaroor om eendag haar eie onderneming in die voedselbedryf te hê.
“Onthou, wat jy saai, sal jy maai,” sê sy. “Daar was dae wat ek gevoel het ek kom nêrens nie, maar konstante harde werk word beloon.”
Die Einstein in die tiende plek is Layla Diehl van St. Paul’s Kollege, wat vir ‘n jaar in Israel gemeenskapswerk by die Bahai Wellness Centre gaan doen. Daarna wil sy haar in Berlyn, Duitsland, as argitek gaan bekwaam.
Layla sê sy het in ’n huis grootgeword waar almal hard werk. Haar ma, Roya Stevenson, was presies 20 jaar gelede ook ’n toppresteer toe sy graad 12 voltooi het.
Let op in die klas, behou balans en fokus op jou groter doel, raai sy ander aan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie