Ontploffing in houtskool
Die bedryf was 'n toevlug vir talle boere en produsente in die droogte en die regering meen die belangrikheid daarvan moet beklemtoon word.
Elvira Hattingh
Die Namibiese houtskoolbedryf bied tans werk aan 'n geskatte 8 000 mense, met 'n sterk toename in houtskoolprodusente die afgelope jaar wat dié syfer 'n hupstoot gegee het.
Boonop verdien houtskoolwerkers wat by lede van die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) werk 'n minimum loon van 42% van kole se verkoopprys, het mnr. Gunter Schwalm, NCA-voorsitter, tydens hul vierde jaarvergadering gesê.
Die vergadering het die opening van die Biomassategnologie-ekspo op Otjiwa Lodge buite Otjiwarongo die afgelope Vrydag voorafgegaan.
“Talle produsente betaal tot 48% van hul inkomste aan werkers uit,” het die NCA se bestuurder, mnr. Michael Degé, bygevoeg.
Hy het ook gesê die gemiddelde ongeskoolde houtskoolwerker verdien sowat N$5 000 per maand, terwyl sommige bykomende werk doen en tot N$12 000 per maand kan verdien.
33% GROEI
Die Namibiese houtskoolbedryf het die afgelope jaar 'n “ontploffing in houtskoolproduksie”, asook 'n groei van 33% ervaar, hoewel dit ook tot 'n bottelnek in die waardeketting gelei het.
Mnr. Joseph Hailwa, direkteur van bosbou in die ministerie van landbou, water en bosbou, het Vrydag gesê die afgelope jare se uitbreiding kom neer op 'n groei van sowat N$400 miljoen per jaar en dus moet “hard gepraat word” as dit by die belangrikheid van die houtskoolsektor en sy bydrae tot die ekonomie en landswye bestendigheid maak.
Degé het gesê houtskool is as 'n “reddingsboei” tydens die huidige droogte beskou, met talle produsente wat nuut tot die bedryf toegetree het en sommige wat alleenlik op houtskoolproduksie oorleef het. Volgens hom het die vereniging se lidmaatskap van 629 verlede jaar na meer as 900 vanjaar gegroei, waarvan 734 lede aktief is.
Schwalm het ook gesê plaaslike lidmaatskap van die Forest Stewardship Council (FSC) het sedert verlede jaar met 119% gegroei.
Die FSC, wat in 1994 gestig is en lede in 82 lande het, stippel die maatskaplike, ekonomiese en omgewingsriglyne uit ingevolge waarvan die wêreld se woude bestuur en beskerm moet word. Tans word spesiale riglyne vir die unieke Namibiese omstandighede en omgewing ontwikkel, maar verwerkers verkies produsente wat hieraan behoort omdat hulle die nodige standaarde handhaaf.
“Dit is belangrik vir die maatskaplike opheffing van houtskoolwerkers en beteken produsente belê in hul werkers,” het Schwalm gesê.
BETER KILNS
Degé het tydens die voorlegging van die jaarverslag gesê toetse vir die duursaamheid van die omgewingsvriendeliker retort kilns (verbrandingsoonde) is nog nie afgehandel nie.
“Dit is steeds 'n toetsproses en ons weet ons moet nog veranderinge maak. Dit behels dat ons vanjaar nuwe tegnologieë gaan uittoets en 'n hibriede kiln-projek van stapel wil stuur,” het Degé gesê.
“Die tradisionele kilns is goedkoper, maar die nadeel is dat dit baie rook maak – iets waarvan ons kopers nie hou nie.”
Hy sê daar is reeds boere wat die nuwe kilns suksesvol en bekostigbaar inspan om houtskool van beter gehalte op 'n omgewingsvriendeliker wyse te vervaardig.
“Ons het die lugbesoedeling getoets van tradisionele kilns en sal meer toetse doen. Wat die oog kan sien, is nie altyd die gevaarlikste vir die omgewing nie, maar eerder dit wat jy nie kan sien nie,” het Degé gesê.[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie