Ontploffing in N-Korea dui op kerntoets
Noord-Korea het gister op uitdagende wyse sy kernspiere gebult met die grootste kerntoets tot nog toe.
Pjongjang - Noord-Korea het gister verklaar dat die land nou 'n termo-kernkragmoontheid is nadat 'n sesde kerntoets, kragtiger as enige van die vorige, uitgevoer is.
Die Noorde het 'n waterstofbom met “perfekte welslae” getoets, het 'n jubelende nuusleser op die staatstelevisie aangekondig en bygevoeg dat dit op 'n missiel gemonteer kan word.
Die toets is gedoen met 'n bom met “ongeëwenaarde krag” het sy gesê en bygevoeg “dit is 'n baie betekenisvolle geleentheid in die verwesenliking van die finale oogmerk om 'n mededingende kernmoontheid te word”.
Die uitsaaier het beeldmateriaal gewys van die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-Oen, se handgeskrewe bevel dat die toets op 3 September uitgevoer moet word.
Die aankondiging kom nadat monitors 'n missiel-impak van 6.3 na aan Pjongjang se hooftoetsterrein opgemerk het. Suid-Koreaanse deskundiges sê dit was vyf tot ses keer sterker as die 10 kiloton-toets wat 'n jaar gelede uitgevoer is.
Ure vroeër het die Noorde beeldmateriaal uitgereik van Kim wat, volgens hulle, 'n miniatuur H-bom inspekteer wat op 'n interkontinentale ballistiese missiel gemonteer kan word.
Waterstofbomme of H-bomme, ook bekend as termo-kerntoestelle, is veel kragtiger as die relatief eenvoudige kernwapens wat die Noorde, sover vasgestel kan word, reeds getoets het.
Wat ook al die finale getal van die toets se opbrengs is, sê Jeffrey Lewis, van 'n wapenbeheerwebtuiste, dit was “'n georkestreerde termo-kernwapen” wat betekenisvolle vooruitgang in Noord-Korea se wapenprogram verteenwoordig.
Chinese monitors sê hulle het 'n tweede aardbewing kort ná die eerste van ongeveer 4,6 op die Richterskaal opgemerk wat daarop dui dat die rots oor die ondergrondse ontploffing in duie gestort het.
Pjongjang soek reeds vir 'n geruime tyd maniere om 'n atoomplofkop na Amerika af te vuur en die toets sou onder meer Washington, Tokio, Seoel en Beijing woedend maak.
Japan se eerste minister, Shinzo Abe, het voor die aankondiging gesê 'n toets sou “absoluut onaanvaarbaar wees”.
Suid-Korea se pres. Moon Jae-In het 'n noodvergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad aangevra.
Amerika se pres. Donald Trump het vroeër gewaarsku dat Pjongjang “vuur en woede” in die gesig staar en dat Washington se wapens “gelaai en gerig” is. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie