Ontploffing in Sinai
Die foto is Woensdag vanaf Rafah in die suidelike deel van die Gaza-strook geneem en wys rook in die lug na 'n ontploffing na aan die grens aan die Egiptiese kant van die verdeelde stad. Egipte voer reeds vir 'n jaar 'n militêre veldtog teen 'n djihadistiese insurgensie in die noorde van die Sinai-skiereiland. Die gebied is toenemend in die kollig na 'n verwoestende aanval verlede week op 'n moskee waarin meer as 300 mense dood is. Dit toon die insurgente se vermoë om skouspelagtige aanvalle uit te voer ondanks die teenwoordigheid van tienduisende Egiptiese troepe wat in die gebied ontplooi is. Die Egiptiese weermag het tot 'n groot mate 'n einde gemaak aan die eens winsgewende smokkelhandel met die Gaza-strook deur tonnels onderdeur die grens na die Palestynse gebied in puin te lê. Foto Nampa/AFP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie