Ontploffings skud Marawi
Filippyne
Bomontploffings het gister Marawi-stad in die suidelike Filippyne geskud terwyl die nasionale vlag gehys is om die land se onafhanklikheidsdag te herdenk.
Dit volg byna drie weke sedert honderde Islamitiese militante die stad ingeneem het en burgerlikes as menslike skilde gebruik het.
Reddingswerkers, soldate en brandweermanne het die volkslied gesien en na toesprake geluister toe drie OV-10-aanvalsvliegtuie deur ‘n bewolkte hemelruim geklief het en om die beurt bomme op gebiede laat val het waar militante vegters hulle skuilhou.
"Aan ons Moslem-broers daar wil ons sê, hou op met die sinnelose gevegte, want ons is almal Moslems,” het die adjunk provinsiale goewerneur, Mamintal Adiong jr., die byeenkoms meegedeel.
Seremonies om die nasionale vlag te hys, vind gewoonlik twee keer ‘n week plaas, maar dit was die eerste keer dat die vlag in die hoofsaaklik Moslem-stad gehys is sedert 23 Mei, die eerste dag van die beleg, toe militante Christene vermoor en ontvoer het en ‘n katedraal afgebrand het. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie