Ontsluit landbou, versnel ontwikkeling
Verslag oor transformasie sien die lig
Dr. Kobus Laubscher
Landbou is onlosmaaklik deel van enige strategie om ekonomiese groei te bewerkstellig.
Dié feit word nie misgekyk nie, maar in baie gevalle weens 'n veeltal redes verkeerd aangepak. In 'n verslag van Mckinsey & Company getiteld “Successful agricultural transformations: Six core elements of planning and delivery” word hierdie aspek ondersoek.
Wanneer transformasie in die landbou bespreek word, word dikwels denkfoute gemaak - te dikwels as gevolg van die eenvoud daarvan.
Die meeste bestaansboere of gesinne wat afhanklik is van hul boerdery vir 'n lewe, bestee dikwels te min van hul inkomste aan voedsel, en veral die regte voedsel. Hulle lewe van die hand na die tand, want wêreldwyd is die meeste arm mense aangewese op landbou vir hulle bestaan.
Andersyds is hulle entrepreneurs in murg en been, en weet hulle hoe om die sente om te draai ter wille van hul daaglikse voortbestaan.
Wanneer daar gepoog word om sulke bestaansboere te help, is die denkfoute dikwels verantwoordelik vir die onvermoë van projekte om te slaag.
Denkfoute word in die verslag soos volg opgesom: Eerstens gaan dit oor die gereedheid vir transformasie.
Tweedens is die kwaliteit van nasionale ontwikkelingsplanne kritiek belangrik.
Derdens gaan dit oor wat nodig is om die nasionale ontwikkelingsplanne te kan omsit in werkbare planne op die grond. Die spreekwoord van “daar lê baie myle tussen doen en sê” vind telkens hier toepassing.
Van kritieke belang is hoe die besluitnemingsproses ten opsigte van die voorgestelde transformasie daar uitsien. Dit is ook belangrik hoe veranderingsagente ingespan word om grootskaal denke by kleinskaalboere te laat posvat.
In terme van wat om te doen om die verlangde transformasie te laat slaag, is 'n aantal elemente geïdentifiseer. Van kardinale belang is dat landelike ontwikkeling as een van die belangrikste onderdele van enige ekonomiese groeistrategie slegs moontlik is as landbou volhoubaar is.
Boere wat wins maak, het geld om te bestee en mense in hul diens behoorlik te vergoed. Dié inkomste word vervolgens bestee waar die mense woon en werk, en so skep dit broodnodige ekonomiese aktiwiteite in landelike gebiede. Die teendeel is ook waar as 'n mens kyk na die baie vervalle klein dorpies en hul tanende ekonomieë.
Die eerste vereiste is om strategie te prioritiseer en differensieer. Geen plan sal werk as alles gelyk vir almal gedoen moet word nie.
Fokus op daardie aktiwiteite wat ontwikkeling die nodige skop kan gee. Dink byvoorbeeld net wat laer vervoerkoste vir 'n kleinboer ver van markte af kan beteken.
Die verslag wys ook op die slaggat van te veel vir te baie. 'n Klomp waardekettingsmoontlikhede word in die vooruitsig gestel, maar vanweë die algemeenheid daarvan kom niks uit die blokke nie.
Verder is differensiasie uiters nodig. Ontwikkelende boere op hoëpotensiaalgrond naby aan markte se produkmandjie moet verskil van die ander wat verder van dieselfde markte en op swakker grond boer.
Doelwitbestuur is belangrik, maar moet oorweeg word in terme van wat haalbaar is. In sommige van die lande waar die span navorsers gewerk het, was dit duidelik dat die oormatige klem op byvoorbeeld armoedeverligting lande ontneem van ander belangrike welvaartskeppende aktiwiteite.
Die klem op huishoudelike voedselsekuriteit het byvoorbeeld een land se vermoë belemmer om aktief in die uitvoermark vir koffie mee te ding.
Dit is dus 'n geval van om die een te doen en nie die nader na te laat nie. Daar is ook ongelukkig 'n oordrewe fokus op die verhoging van produktiwiteit van kleinskaalboerderye pleks van ook toe te sien dat produkte van hoër waarde markte bereik.
In hierdie verband speel lewende hawe 'n belangriker rol as 'n hoërwaardeproduk, veral as daar voorwaartse betrokkenheid in waardekettings kom deur die verwerking daarvan.
Nie alleen bring dit die mark “nader” aan die plaashek nie; dit skep welvaart deur werksgeleenthede. Dit is hier waar die natuurlike entrepreneuriese ingesteldheid van boere onderskat word.
Ofskoon veranderingsagente 'n belangrike onderdeel van suksesvolle implementering is, en wel tot die mate wat hulle die transformasie kan fasiliteer, is daar ook uitdagings.
Kennisoordrag en -fasilitering kan nie uit ritme wees met wat prakties haalbaar is op die grond nie. Voorskriftelike en onbuigsame veranderingstrategieë is gedoem tot mislukkig en in hierdie opsig bly die institusionele geheue van die betrokke boere 'n belangrike deel van die pakket.
Die verslag toon dus op praktiese wyse wat gedoen kan word om die vele slaggate van landboutransformasie te ontwyk ten einde ekonomiese ontwikkeling te versnel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie