Ontsoutingsplanne druk bespreek
Ontsoutingsplanne druk bespreek

Ontsoutingsplanne druk bespreek

Die verskaffing van ontsoute seewater aan die kus kan nie meer bevraagteken word nie, die vraag is slegs wanneer dit gedoen gaan word.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Water vanaf die Kavangorivier, ontsoutingsaanlegte aan die kus of via aansluitings met Suide-damme soos die Neckartal-, Naute- en Hardapdam is die drie opsies wat oorweeg sal word om Windhoek van meer water te voorsien.

Die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, het gister tydens die opening van die derde slypskool oor ‘n haalbaarheidstudie vir ‘n ontsoutingsaanleg gesê dit is die opsies wat Namwater en plaaslike konsultante vir Windhoek se waterprobleme sal oorweeg.

Hy het bygevoeg die verskaffing van ontsoute seewater aan Namibië se kusgebiede kan nie meer gedebatteer word nie, maar dat die vraag eerder is “wanneer” dit geïmplementeer sal word.

Dit was van die opmerkings wat hy tydens die slypskool gemaak het, waar ILF-konsultante na verwagting oor die volgende dae terugvoer sal gee oor bevindinge van die haalbaarheidstudie, wat enkele jare gelede van stapel gestuur is.

Tydens die haalbaarheidstudie is daar gekyk na die moontlikhede en koste om ontsoute seewater aan beide kusgebiede asook die hoofstad te lewer.

Volgens Schlettwein is in die studie ook moontlikhede ondersoek of so ‘n stelsel met ontsoute seewater tot so ver as Gaborone in Botswana sal kan strek, aangesien dié stad ook erge watertekorte ervaar.

ILF-konsultante is verantwoordelik vir die studie wat deur die Duitse Ontwikkelingsbank gefinansier word.



NIE VERGELYK

Schlettwein het gesê die konsultante kon egter nog nie die ontsoutingsplanne vergelyk met planne om water van die Kavangorivier na sentraal-Namibië te bring nie, omdat sekere aspekte van dié plan eers opgedateer moet word.

Hy sê buiten om moontlik ontsoute water ook aan Windhoek te voorsien, word daar lank reeds gewerk om alternatiewe waterbronne vir die hoofstad te vind.

“Een hiervan, naamlik die verkryging van water vir sentrale Namibië vanaf die Kavangorivier, kon nie voltooi word sonder dat dit met ‘n tweede langtermynoplossing soos ontsoute seewater vergelyk word nie,” het hy gesê.

Hy sê die voorstelle wat uit die slypskool spruit sal waarskynlik die regering se standpunt oor die saak vorm.

Hy het beklemtoon dat daar seker gemaak moet word ontsoutingsaanlegte sal nie die volhoubaarheid van Namwater belemmer nie en dit moet bekostigbaar wees.



KEUSES

Schlettwein sê al word die ontsouting van seewater reeds wêreldwyd asook sedert antieke tye toegepas, word dit op kleinskaal gedoen, omdat dit met ‘n hoë energieverbruik, beperkte tegnologie, hoë kapitaalinsette en gevolglik duurder water gepaard gaan.

“In die afgelope jare het die toenemende behoefte van water aan uraanmyne en gemeenskappe in die sentrale kusgebiede ons slegs met twee opsies gelaat – doen niks nie, of maak van ontsouting gebruik.”

Dit het tot die oprigting van die Franse Orano-aanleg in 2010 gelei wat water vir die Trekkopje-uraanmyn moes verskaf. Dit is later ook met die bestaande Namwater-waternetwerk verbind om meer myne van water te voorsien.

Hy sê dienooreenkomstig het die haalbaarheidstudie ook ondersoek of ‘n nuwe ontsoutingsaanleg gebou moet word en of die bestaande Orano-aanleg, in private besit, aangeskaf, gerehabiliteer en uitgebrei moet word.

Schlettwein sê dit is nodig dat die regering vroegtydig planne beraam sodat hulle nie dieselfde uitdagings as in byvoorbeeld Kaapstad, São Paulo en Perth ervaar nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!