Ontspan diu00e9 maand met ou Afrikaanse flieks
Ontspan diu00e9 maand met ou Afrikaanse flieks

Ontspan dié maand met ou Afrikaanse flieks

Gerine Hoff
Fliekvlooie kan elke Dinsdag op kykNET inskakel om ’n reeks ou Afrikaanse flieks te kyk. Dit word tot 28 Mei elke Dinsdag en Donderdag om 13:00 gesaai.
• Donderdag: As ons twee eers getroud is met Frederik Burgers, Lulu Kruger en Willem Loots. ’n Misplaaste huweliksertifikaat veroorsaak konsternasie. Gelukkig vind Oupa die verlore sertifikaat én hy slaag daarin om uit die kloue van die troumal buurvrou te bly. Jan Perold is die regisseur.
• Dinsdag 12 Mei: Boland! met Chris du Toit, Gaby Getz en Wena Naudé. Chris-Jan, ’n ryk jong wynboer staan op trou met ’n bedorwe rykmansdogter. Om uit te help terwyl hy op wittebrood is, stel hy ’n plaasbestuurder aan, maar groot is sy skok toe “Jakobus” opdaag, en dit is ’n beeldskone meisie … Bertrand Retief is die regisseur.
• Donderdag 14 Mei: Matieland met Frederik Burgers, Wynona Cheyney en Steyn de Jager. ’n Jongman, Andries Vivier, word deur sy pa geleer om rugby te speel. Andries kry plek aan die Universiteit van Stellenbosch en sy talente word gou raakgesien, nogal deur ene Danie Craven. Pierre de Wet is die regisseur.
• Dinsdag 19 Mei: Herfsland met Hans Strydom, Riana Pienaar en Dirk de Villiers. Ná sy vrou se selfmoord begin ’n prokureur ’n praktyk op Worcester. Sy gewese skoonpa glo steeds sy skoonseun was vir sy dogter se dood verantwoordelik en kla hom by die regskommissie aan. Jan Scholtz is die regisseur.
• Donderdag 21 Mei: Lelik is my offer met Cobus Rossouw, Wilhelm Esterhuizen en Johan du Plooy. Buks se dronkaard-oom gaan boer op ’n plaas. Buks is bly om die stad vir die plaaslewe te verruil. Dan tref ’n tragedie hulle ... Joe Stewardson is die regisseur.
• Dinsdag 26 Mei: Liefde vir Lelik met Cobus Rossouw, George Peters en Harry Makela. Buks, ’n seuntjie wat sy ouers in ’n motorongeluk verloor het, moet by sy peetouers in Durban gaan woon. Buks en sy hondjie, Lelik, voel nie baie tuis nie en besluit om weg te loop. Keith G. van der Wat is die regisseur.
• Donderdag 28 Mei: Tawwe Tienies met Marie Pentz, Chris van Niekerk en Jacques Loots. Die dorp se watervoorraad is gesaboteer en nou wil almal wat glo hulle weet iets van oorlog voer, ’n bydrae lewer. So word ’n eie buurtwag gestig met Mietie en Genis van Koöperasiestories. Bromley Cawood is die regisseur. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!