Ontstellende, woedende verslag van ’n jeug
J.B. Roux - Traumaliteratuur, as ons dit so wil noem, word geskryf deur “gewone mense” wat vertel van ’n traumatiese lewe of ’n traumatiese greep uit die verteller se lewe. Die aangrypende, selfs ontstellende aard van dié vertellings onderskei dit van memoires in die algemeen. Boeke soos hierdie het baie gewild geword, veral in Suid-Afrika.
Killing Karoline is een van die mees onlangse voorbeelde van dié soort literatuur. Sara-Jayne King se biologiese ma, van Britse afkoms, was in ’n verhouding met ’n (wit) man, maar het ’n affair met ’n swart man gehad. Sy het swanger geraak, getrou en geboorte gegee aan ’n dogtertjie. Dit was gou duidelik dat die baba se biologiese pa swart is. Dit was 1980. ’n Wit egpaar met ’n gekleurde baba was “onwenslik” en seks oor die kleurgrens onwettig: Sara-Jayne (aanvanklik Karoline) se ma kon tronk toe gaan as dit bekend word dat haar dogter se biologiese pa swart is.
Die baba se ouers is Engeland toe onder die voorwendsel dat hul dogtertjie daar mediese hulp moet kry. Hulle keer terug Suid-Afrika toe met die nuus dat die baba “gesterf” het. “Karoline” word intussen in Brittanje deur ’n ouerige wit egpaar – wat later sou skei – aangeneem en herdoop. Sy het ’n ouer broer, ook aangeneem en ook met ’n donker vel, wat as tiener sou selfmoord pleeg.
Die “sprokie” van aanneming word as ’n nagmerrie ontbloot. Die rooskleurige scenario van ’n ouerpaar wat nie self kan kinders hê nie en oorloop van liefde wat hulle op kinders wil uitgiet, is dikwels ’n mite.
As traumaliteratuur is Killing Karoline voortreflik; as sommer net nog ’n boek is dit ’n leeservaring wat lank onthou sal word.
Afgesien van die identiteitskrisis wat aanneemkinders tipies tot laat in hul lewe ervaar, is Sara-Jayne en haar broer se donker velkleur ook in hul “nuwe” vaderland – waar ’n bleker velkleur die norm is – problematies. Sara-Jayne se eksistensiële wanhoop neem toe, veral toe sy met haar biologiese familie probeer kontak maak en deur hulle verwerp word.
As student in die regte en later joernalistiek blink sy uit, maar word die slagoffer van drankmisbruik en ’n eetsteuring.
Sy verhuis Dubai toe, maar haar verblyf word deur haar drankmisbruik kortgeknip. Sy word Suid-Afrika toe gestuur vir behandeling en maak eindelik kennis met haar biologiese halfbroer en sommige ander familielede.
Sara-Jayne vestig haar in Suid-Afrika en is deesdae bekend as radio-omroeper en joernalis.
Killing Karoline is ’n goed geskrewe, ontstellende en soms woedende verslag van ’n tragiese jeug en ’n genadelose betoog teen die onreg wat veral kinders aangedoen word, maar ’n temerige gekerm is dit nie: Daarvoor is hierdie leeservaring heeltemal te aangrypend.
Resensente en letterkundiges word soms gekritiseer vir hul beheptheid met genres en subgenres, maar dit is dikwels ál manier om die legio soorte boeke – fiksie sowel as niefiksie – waarmee boekwinkelrakke volgepak word sinvol te beoordeel. As traumaliteratuur is Killing Karoline voortreflik; as sommer net nog ’n boek is dit ’n leeservaring wat lank onthou sal word. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie