• Tuisblad
  • Sake
  • Onttrek fosfaat-klaringsertifikaat, vra trust
Onttrek fosfaat-klaringsertifikaat, vra trust
Onttrek fosfaat-klaringsertifikaat, vra trust

Onttrek fosfaat-klaringsertifikaat, vra trust

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het steeds die geleentheid om die publiek se vertroue in staatsinstellings te herstel.
Francoise Steynberg
Catherine Sasman - Die Ekonomiese en Gemeenskapsgeregtigheid Trust (ESJT) het ‘n beroep op die kommissaris van die omgewing en die ministerie van die omgewing en toerisme gedoen om die klaringsertifikaat uitgereik aan Namibian Marine Phosphate (NMP) sonder versuim te onttrek.

“Ons kan nie toelaat dat individuele private belange wat deur korttermynwinste gedryf word, die land se vooruitsigte in gevaar stel deur staatskaping deur private belangegroepe om hul eie belange te bevorder nie,” sê die nie-regeringsorganisasie.

Die ESJT sê dit is oortuig dat die toekenning nie net onwettig is nie, maar dat dit ook gebrekkig op ‘n morele en ekonomiese vlak is.

“Dit is duidelik dat met die toekenning van die klaringsertifikaat sekere bepalings van die wette geïgnoreer is,” het die voorsitter van die ESJT, mnr. Herbert Jauch, gesê.

Die Namibiese grondwet bepaal dat die regering die ekostelsels, biologiese diversiteit en volhoubare gebruik van die land se natuurlike hulpbronne vir huidige en toekomstige geslagte moet bewaar.

Jauch sê die meerderheid van Namibiërs, veral die duisende wat in die visserybedryf werk en dié wat bekommerd is oor die land se langtermynvooruitsigte vir ontwikkeling, nie die goedkeuring van die sertifikaat ondersteun nie.

Jauch sê minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het die geleentheid om die publiek se vertroue in staatsinstellings te herstel deur middel van sy mandaat om die natuurlike hulpbronne van die land in die openbare belang te beskerm.

Hy sê voorts Shifeta en enige ander staatsamptenaar is verplig om die land se wette te respekteer. Hy voeg by dat dit onduidelik is waarom die omgewingskommissaris, mnr. Teofilus Nghitila, nie die moontlike nadelige omgewingsimpak oorweeg het toe hy die klaringsertifikaat op 5 September aan NMP uitgereik het nie.

Die ESJT kla ook oor die beperkings wat die Wet op Omgewingsbestuur plaas op ‘n appèlproses. Kragtens dié wet is ‘n koste van N$1 000 verbonde om appèl aan te teken.

“Dit ondermyn die reg van alle burgers ongeag hul ekonomiese vermoëns om staatsamptenare verantwoordbaar te hou en om hul magte op administratiewe hersiening te onderwerp,” sê die ESJT.

Kommentaar

Republikein 2025-04-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer