Ontvoerde toeris, gids in Uganda vrygelaat
Ontvoerde toeris, gids in Uganda vrygelaat

Ontvoerde toeris, gids in Uganda vrygelaat

'n Amerikaanse toeris en haar plaaslike gids is die naweek vrygelaat nadat hulle verlede week uit 'n nasionale park in Uganda ontvoer is.

Die Ugandese regering het Maandag gesê Kimberley Sue Endecott (35) en Jean-Paul Remezo is ongedeerd. Hulle is verlede Dinsdag deur 'n bende gewapende mans uit die Koningin Elizabeth Nasionale Park ontvoer.

Die gewapende mans het 'n N$500 000-losprys geëis.

Dit is steeds onbekend of hulle aan enige terreurgroep verbonde is.

Die park is naby die grens met die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK). Die gebied is vroeër beheer deur die Ugandese rebellegroep ADF, wat steeds kampe in die DRK het.

Die plaaslike media, insluitend die staatsbeheerde koerant New Vision, berig 'n losprys is wel vir die twee betaal. Luidens 'n berig in New Vi­sion is N$30 000 betaal.

'n Woordvoerder van Wild Frontiers Safaris Uganda, die safarimaatskappy wat Endecott gebruik het, sê: “ 'n Onderhandelde skikking is bereik met die hulp van die Amerikaanse regering. Ek het wel nie besonderhede daarvan nie.”

Die Amerikaanse departement van buitelandse sake sê die VSA maak “geen uitsonderings” nie. Sy beleid is om nie lospryse te betaal nie.

“Ons glo vas om toegewings te maak, vergroot die gevaar vir Amerikaners en andere wat in die buiteland reis,” lui 'n verklaring van die departement.

“Ons kan wel bevestig ons het nou met ons Ugandese ampsgenote saamgewerk.”

Pres. Donald Trump het Maandag getwiet Uganda moet die ontvoerders opspoor en “vinnig en openlik” aan die reg onderwerp.

Pres. Yoweri Museveni het op Twitter belowe hulle sal “optree teen hierdie geïsoleerde groepies misdadigers”.

– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!