‘Ontwikkel meesterplan vir pluimveebedryf’
‘n Minister sê verbruikers kan hulle nie ten koste van die plaaslike pluimveebedryf teen pryse blindstaar nie.
Elvira Hattingh - Die kabinet sê dit neem kennis van uitdagings in die plaaslike pluimveebedryf wat deur die instroom van ingevoerde pluimveeprodukte veroorsaak word.
Dienooreenkomstig is gelas dat die Meesterplan vir Namibiese Pluimvee ontwikkel en finaliseer moet word, sodat dit aan die kabinet voorgelê kan word.
Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, het gister tydens ‘n mediakonferensie terugvoering gegee oor verskeie kabinetsbesluite, en aangedui dat die regering voorrang aan die ontwikkeling van plaaslike nywerhede sal gee.
Simataa sê die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling is deur die kabinet gelas om saam met die ministeries van finansies, landbou, water en bosbou, ander rolspelers asook die nasionale beplanningskommissie aan dié meesterplan te werk.
“As Namibiese verbruikers laat ons onsself skynbaar deur pryse lei, sonder dat ons byvoorbeeld ook na die gehalte of gesondheidsaspekte van produkte kyk.
“Ons moet egter eerder vasstel wat ons as ‘n land en Namibiërs kan doen om ontwikkeling en vooruitgang in die plaaslike pluimveebedryf aan te help.
“Namibiërs moet lojaliteit teenoor plaaslik geproduseerde produkte en dienste ontwikkel - en dit geld nié net vir pluimveeprodukte nie.
“As ons nie plaaslike produksie ondersteun nie, wie sal?” het Simataa gevra.
Mnr. Pieter van Niekerk, kommersiële bestuurder by Namib Poultry Industries (NPI) sê hulle verwelkom die kabinetsbesluit. Van Niekerk is ook lid van die Namibië Pluimveevereniging.
“Namibiërs kan slegs hoender koop as daar werk vir hulle is. Die beskerming van die plaaslike bedryf gaan oor werkskepping en om die regte strukture, beleide en regulasies vir plaaslike ontwikkeling in plek te kry.”
Hy sê alhoewel plaaslike pluimveeprodusente voorheen erg benadeel is deur ‘n oormaat, goedkoop hoender op die plaaslike mark, het sake intussen al verbeter.
“Dit kom nadat owerhede, wat doeanebeamptes asook die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling insluit, daadwerklik opgetree het om die beweerde onwettige insmokkel, asook die storting van buitelandse hoenderprodukte in Namibië te bekamp,” het Van Niekerk gesê.
Hy sê presiese getalle oor hoeveel hoender oor byvoorbeeld die vakansieseisoen ingevoer is, sal na verwagting teen die einde van Februarie beskikbaar wees.
Dit volg na hewige debatte reeds in die pluimveebedryf gevoer is, met invoerders van buitelandse hoenderprodukte wat meen die plaaslike hoenderbedryf moet meer mededingende pryse bied. Hulle meen goedkoop, ingevoerde hoender is dalk juis die oplossing vir armoediges.
Daarteenoor het plaaslike pluimveeprodusente gesê dit gaan oor plaaslike skep van welvaart. Boonop sê plaaslike produsente hulle kan nie teen groot uitvoerlande meeding, wat dikwels subsidies geniet en hoër pryse in hul eie mark kry, terwyl hulle minder gewilde produkte teen onrealistiese pryse kan uitvoer en in ander lande “stort” nie.
Die Vleisraad se bedryfsbestuurder, mnr. Willem Schutz, het voorheen verduidelik die Namibiese hoenderbedryf geniet nie per definisie beskerming nie, omdat dit nog ontluikend is, maar dat die wet invoere tot 1 500 ton per maand beperk.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie