Ontwikkeling bou stoom op

Tennis
Laerskool Suiderhof het die afgelope naweek met die hulp van Kallie Heese se tennisskool 'n toernooi by sy bane in Suiderhof aangebied, wat die kinders behoorlik geniet het.

Meer as 140 inskrywings is vir die dag se pret ontvang en die organiseerders was verplig om ook die skool se netbalbane in te span om al die energieke kinders 'n speelkans te gee. Die opbrengs van die toernooi gaan gebruik word om die toerusting by Heese se tennisskool op te gradeer.

Kallie Heese, eienaar van die tennisskool, sê hy en sy afrigters gaan tennis tot 'n nuwe vlak in Namibië neem waar behoorlike ligas en kompetisies aangebied gaan word.

Meer as 13 skole het vir die Namibiese Tennisvereniging se FNB Skoleliga ingeskryf. Die liga sal op dieselfde reëls en wyse as in die verlede aangebied word, wat vir die perfekte voorbereiding sal sorg. Die tellings van die vier beste spelers in 'n span word in aanmerking geneem en dus word die topspelers en spanne beloon.

Die wedstryde word op kleiner bane gespeel, wat die juniors help om die spel geriefliker onder die knie te kry en die nodige vaardighede, taktiek en reëls makliker vanaf 'n jong ouderdom te verstaan. Spelertjies sal in die o.10-, o.12- en o.14-ouderdomsgroepe speel.

Die o.10's speel op minibane wat die helfte van 'n normale tennisbaan is, terwyl die o.12's 'n driekwartgrootte baan tot hul beskikking het.

Die ouer kinders soos die o.14's speel op 'n volgrootte baan en al die ouderdomsgroepe sal mekaar ook in dubbelspelwedstryde beproef.

The Coffee Tree het gratis etekaartjies vir die dag vir die kinders geborg en Maerua Printing het gesorg dat elke sertifikaat perfek vir die ontvangers afgerond is. Joyce Zusinio en S.P. van Wyk was die toernooidirekteure vir Saterdag wat 'n fantastiese byeenkoms gereël het.

Skole wat nog vir volgende jaar se skoleliga wil inskryf, kan S.P. van Wyk by spvanwyk8@gmail of 081 206 0174 kontak.

Saterdag se voorste uitslae:

Onder 10 meisies. 1 Laer­skool Pionierspark, 2 Suiderhof en Holy Cross Convent Private School.

Onder 10 seuns: 1 Laerskool Okahandja, 2 Suiderhof en Dar E Zahara Private School.

Onder 12 meisies: 1 Laerskool van Rhyn, 2 Windhoek Central Primêre Skool.

Onder 12 seuns: 1 Suiderhof, 2 Windhoek Afrikaanse Privaatskool.

Onder 14 meisies: 1 Laer­skool Eros, 2 Suiderhof.

Onder 14 seuns: 1 Mandume Primêre Skool, 2 Berg-Op Akademie en Eros.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!