Ontwikkeling vir Khorixas
Ontwikkeling vir Khorixas

Ontwikkeling vir Khorixas

Hokkie
Die Namibiese Hokkievereniging (NHU) en Bank Windhoek, die NHU se hoofborg, het onlangs gesorg dat hokkie aan die plaaslike gemeenskap op Khorixas en Outjo bekendgestel word.

Nadat ongeveer 65 leerlinge en 13 afrigters van laerskole ’n suksesvolle afrigtingskliniek op Outjo bygewoon het, behoort dié sportkode binnekort by skole op die twee dorpe ingestel te word.

Leerlinge van Laerskole Outjo, Laerskool Jack Francis, Laerskool Maarssen van Outjo asook Laerskole Versteende Woud, T.H.F !Gaeb en Welwitchia van Khorixas het saam onderwysers die kliniek bygewoon.

Die onderwysers is met afrigtingstegnieke verryk terwyl die kinders die reëls en ander interessante aspekte van hokkie geleer is. Bank Windhoek het nie net die kinders van hokkie geleer nie, maar ook gesorg dat hulle die nodige toerusting kry om hul nuutgevonde sport te beoefen.

Erwin Handura, uitvoerende lid van die NHU wat vir ontwikkeling van hokkie verantwoordlik is, sê Khorixas het die sport nodig.

“Dit is die regte rigting vir Khorixas om in te slaan deur hokkie by die skole te implimenteer. ’n Juniorliga kan aangebied word met die drie skole van Outjo wat op Woensdae ná die atletiekseisoen gespeel kan word.

“Hokkie is by die 2019 Namibië Jeugspele ingesluit wat Desembermaand aangebied gaan word. Die span wat die Kunene-streek gaan verteenwoordig sal uit spelers van Khorixas en Outjo bestaan. Ons wil dié skole vra om asseblief hul spelers vir die Namibiese Skolesportunie se proewe voor te berei wat in die tweede termyn gehou sal word,” het Handura gesê.

Hayley Allen, hoof van korporatiewe aangeleenhede by Bank Windhoek, sê sport bring mense bymekaar.

“Hoe meer iemand aan sport deelneem, hoe groter is die kans op sosio-ekonomiese vooruitgang. Dit kan ‘n positiewe uitwerking op individuele se lewens asook gemeenskappe hê. Gebasseer op dit, het bank Windhoek homself daar toe verbind om tot die sosio-ekonomiese ontwikkeling in Namibië by te dra. Veral met opvoeding, werkskepping, entrepeneurskap, gesondhied, sport, kultuur en welsyn. Hierdie afrigtingsklinieke is Bank Windhoek se manier om te belê en waarde tot gemeenskappe by te voeg waar die Bank betrokke is,” het me. Allen gesê.

Handura sê Bank Windhoek en die NHU is sedert 2015 in die Kavango-Wes-, Zambezi-, Hardap-, //Karas-, Khomas-, Oshana-, Otjozondjupa- en Kunene-streke as vennote aktief.

“Daar is tien afrigtingsklinieke gehou waarby 51 afrigters en 577 leerlinge aan hokkie blootgestel was. Bank Windhoek het 480 hokkiestokke en 200 balle geborg wat by die onderskeie skole gelewer was. Daar is 6 230 km gereis om dit te vermag en ons wil Bank Windhoek hartlik vir hul ondersteuning en bydrae bedank,” het Handura afgesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!