Onvoorspelbare wonders van die lewe
Onvoorspelbare wonders van die lewe

Onvoorspelbare wonders van die lewe

[email protected]
Augetto Graig
Augetto Graig

Die wonder van die lewe is vervat in die ongelooflike onvoorspelbaarheid daarvan. Hierdie onvoorspelbaarheid is meestal agter ’n skerm van sekerheid en die alledaags verskuil.

Soos ons ouer raak begin ons meer en meer om die lewe as vanselfsprekend te aanvaar en dus is die onvoorspelbaarheid van die lewe ook meer weggesteek. Mens sien dit nie maklik nie, ten minste nie tot dit in die openbaar blootgestel word nie.

Neem nou pres. Hage Geingob se uitspraak by die opening van die eerste kabinetsitting vir 2021. Mens sou amper kan sweer jy het daardie presiese woorde voorheen gehoor.

Tot die sinne klink bekend en soms voel dele van die toespraak na ’n herhaling.

“Korrupsie is nie in Namibië sistematies nie”, “die wêreldekonomie, die droogte en Covid-19 maak ontwikkeling moeilik vir Namibië,” en “2021 is die jaar van veerkragtigheid” is van die opmerkings wat Geingob – soos verwag – gemaak het.

Vir my was dit ’n verrassing om hom te hoor sê: “Namibiërs het bewys hulle het die vermoë om te verdra, aan te pas en te oorkom.” Ek stem met hom saam.

Ek was verbaas dat hy gesê het hy sal die Fishcor-korrupsieskandaal, “aanpak, en die insinuasies, vermoedens en moedswillige interpretasies bespreek, met die oog daarop om hul valsheid te bewys.”

Net so verbasend was dat hy dit eers ná die hofproses sal doen, wanneer sy etiek hom toelaat en die tyd gepas is.

Geingob het my ook verras toe hy geslagsgeweld in sy toespraak noem, veral as mens die uitlatings van sy kabinetslid en minister verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede¬uitwissing en maatskaplike welsyn, me. Doreen Sioka, in ag neem. Sy meen vroue wat klagtes van mishandelaars terugtrek, moet self tronkstraf kry, en dit is maar die minste. Veelwywery en ’n tronkeiland vir seksoortreders is van haar ander bydrae.

Ja, mense moet mooi kyk, en luister en aandag skenk om die onvoorspelbare gebeurtenis gewoonlik raak te sien.

Verlede maand is daar in die kringe van aandelebeurs-entoesiaste ’n verrassende storie wat onlangs op sekere voorblaaie ontbloot is.

Kan jy nou glo ’n groep videospeletjie-liefhebbers en sosialemediaverbruikers kon genoeg klein beleggers oortuig en koördineer om nie net ’n videospeletjie-kettingwinkelgroep te red nie, maar die groot-geld beleggingsreuse in die proses te pootjie? Soms word die onvoorspelbaarheid van die lewe tog ontbloot.

My punt is die lewe is gedurig onvoorspelbaar en dat ons ouer mense bloot onsself geleer het om dit mis te kyk.

Dit mag nodig wees vir die volwasse lewe, maar in my opinie doen ons onsself nie ’n guns nie.

Ons moet liewer die onverwagse gebeure in die lewe omhels en waardeer, soos toe ons nog jonk was. Ons moet soos klein kinders opgewonde word as ’n verrassing na ons kant toe kom. Ons moet toelaat dat die wonder van die lewe ons nie verbygaan nie, maar ons inspireer en aanmoedig.

Ons moet ophou om die wêreld so in ’n blik te probeer druk. Nie dit, of die lewe, pas nooit mooi in ’n vooraf gevormde houer nie.

Ons moet by die lewe aanpas. Dit is waaroor die lewe gaan. Die lewe is onvoorspelbaar vir ’n rede. Leer om die onverwagse te geniet en jy sal daardie rede verstaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!