Onwettige handel in wildlewe beloop US$19 miljard per jaar
Die onwettige handel in bedreigde spesies en wildleweprodukte beloop US$19 miljard per jaar, met een renoster wat elke 7 ure in Suid-Afrika gestroop en 54 olifante wat daagliks op die vasteland v ir hul ivoor doodgemaak maak.
Dié inligting het vanoggend na vore gekom by die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) se algemene jaarvergadering in Dublin, Ierland, waar hierdie bedryf eenparig 'n resolusie teen die onwettige handel hierin aanvaar het en rederye se steun toegesê het aan regerings- en omgewingsinstellings om smokkelary te help beveg.
Mnr. John Godson, assistent-direkteur vir die omgewing by Iata, het aan joernaliste gesê tussen Januarie en Mei vanjaar is daar op meer as 600 kg ivoor en renosterhorings en meer as 8 000 reptiele by lughawens beslag gelê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie