Ook die droogte dra sy ruikers in die stof
Des Erasmus - In ’n dorsland waar die landman worstel, is een put wat nie opdroog nie. Waar die reënlose vlaktes nakend voor hul Skepper staan, bly durf, geloof en 'n vaste wil die wonderbrousel wat dit giet.
Was mos Omaruru, Karibib en Usakos toe op 'n ander sending. Die opdrag is uitgevoer, maar 'n terloopse ontdekking was veel groter soos die soet water van Elim. Die etiek van 'n roeping moes sidder voor die drama waarin vasbyters die hoofrol speel. Dit terwyl fisies vuil voor die skoonheid van die werklikheid biddend gekniel moes word.
In 'n netjiese landelike hotel waar alles van perfeksionisme spreek, is in die plek waar toeriste gaan op 'n kennisgewing afgekom wat jou op jou weg in jou vodde laat aanslons. “Moet asseblief nie bad nie”. So staan op 'n kennisgewing geskryf wat soos 'n halssnoer van 'n mooie meisie om 'n blink kraan by die wasplek staan. Want op Omaruru woed 'n ander dors. Vroegdag kry 'n dorstige reisiger daar sy gasie en laat in die middag wanneer die aand kom, giet die krane weer 'n ietsie.
Gesels daar op die stoep met 'n kunstenaarboer by name Spannie oor die Kunsroete as die tema vir die sending. Maar die gesprek koers op voetpaadjies af na die dorre velde en die dorp se dors met die droë bedding van die groot rivier wat daar nog net as 'n belofte lê. Toe tref die optimisme soos 'n weerligstraal. “Net twee goeie reënbuie in die opvanggebied en die Omaruru kom op sy walle af. Op die kaal vlaktes is niks meer wat weerstand teen die stroom kan bied nie. Dit is 'n oop baan wat op beter dae wag.”
Vra hom na ontwrigting wat 'n dwaalbui op 'n beplande saamtrek kan saai, kom die antwoord daarmee kan 'n plan gemaak word. “Niks kan beter as 'n stortbui wees nie.”
Optimisme het voor die natuur gestruikel, maar nie geval nie. Die kuns is nie om nie te val nie, maar wel om elke keer weer op te staan.
Skielik was daar skoonheid waar die gesprek tussen 'n boer en 'n bedelaar van die woord gevoer is. 'n Ou kennis by name Hartwig het kom groet sonder om te onderbreek. Die wildboer en beroepsjagter sê 'n gemsbok het hom uitgewys as 'n wonderdier wanneer die elemente tydelik sy rug op alles gekeer het. Trofeejagters kry hulle fiks en gesond met alles wat aan die lewe tap. Dan beduie hy tussen sy duim en die vinger wat op die sneller lê hoe dik die vetlaag nog getuig.
Mooi beelde wat voortleef waar fietsryers by die Spitzkoppe saamdrom. Dis 'n horde met trapsteweltjies, valpette en T-hempies met hul borge se naam. Een enkele gryse beweeg ook daar met 'n leeftyd wat agter hom lê. Pet wat aan 'n seeman herinner, pakkie klere om die smal lyfie en 'n lappie wat netjies gestik is waar die jare aan die sitvlak weggewerk het en 'n smal dassie wat aan 'n vorige mode herinner. Dis die man wat 'n kleuter op 'n trapfiets in sy sorg die weg na die wegspringplek beduie met 'n laaste stoot wat aan die kleinman 'n voorsprong moet gee.
Of 'n toneel in Usakos se selfdienwinkel waar boerbeskuit vir die aand se ete van die rak gehaal word. Voor in die betaaltou is 'n man met 'n gestalte wat van 'n harde werker getuig. Die nerwe van die swaar stewels is afgestamp en verf- en oliekolle in sy oorpak vertel 'n verhaal van 'n handearbeider. By hom is 'n netjiese meisietjie, skoon in haar eenvoud. Seker 'n weekloner, want dit is Vrydagaand. Getuienis van die stonde is sy aankope van 'n kilogram mieliemeel, 'n halfbottel kookolie, 500 gram suiker en 'n bruinbrood. Net voor hul wegstap, druk die kind 'n vyfsentstukkie oor die toonbank met 'n vragie: “Wat kos die toffies?”
Liefde is die muntjie wat die werker voor haar klein handjie plak.
Ook in die droogte is daar lappies vir die seer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie