Ook u2018Swart Maandagu2019 vir VSA markte nu00e1 val van 7%
Ook u2018Swart Maandagu2019 vir VSA markte nu00e1 val van 7%

Ook ‘Swart Maandag’ vir VSA markte ná val van 7%

Die krisis ná banke ineengestort het en vrese oor ander se stabiliteit het wêreldwyd uitgekring en lande soos Suid-Afrika in ’n resessie gedompel.
Nellie Brand-Jonker – Dit was Maandag wêreldwyd en ook op die Amerikaanse markte ’n “Swart Maandag”.

Die bekende S&P 500-indeks, wat die vertoning meet van die 500 grootste maatskappye wat op aandeelmarkte in Amerika genoteer is, het die dag 7,6% laer op 2 746 punte gesluit.

Die bekende Dow Jones-nywerheidsindeks het 7,8% of 2 013 punte tot 23 851 geval.

Die Nasdaq het ook meer as 7% geval.

Dit was ook die slegste dag vir dié mark sedert Oktober 2008 se uitkringende internasionale finansiële krisis, berig CNN.com.

Dié krisis nadat banke ineengestort het en vrese oor ander se stabiliteit het wêreldwyd uitgekring en lande soos Suid-Afrika in ’n resessie gedompel.

Die val in die aandelemarkte Maandag het in Suid-Afrika tot ’n reuse-val van 6,2% of 3 244 punte gelei tot 48 820 indekspunte in die indeks van alle aandele.

Van die ander indekse op die JSE soos die hulpbronindeks is 12% laer.

Business Day berig dit is die grootste val sedert dié indeks se ontstaan in 1998.

Die val in die aandelemarkte is te midde van die paniek oor die koronavirus veroorsaak deur ’n onverwagse prysoorlog tussen die groot olieprodusente Rusland en Saoedi-Arabië wat gelei het tot ’n ineenstorting in die olieprys wat laas in 1991 gesien is. Die prys van Brent-olie het vroeg Maandagoggend met 30% geval.

MarketWatch berig die gebeure het tot ’n sogenaamde Swart Maandag gelei, wat histories met ’n slegte vertoning op ’n Maandag geassosieer word.

Volgens die marknuusblad is die goeie nuus egter dat minstens een ontleder meen dit was te oordeel na vorige Swart Maandae die storm voor die stilte.

Bespoke Investment Group toon dit is die 11de keer sedert 1952 dat die S&P 500 met meer as 5% op Maandae geval het.

Die data toon die S&P 500 het in die ses maande ná so val gemiddeld 12,7% se opbrengs gelewer en het in die dae ná die val ook gestyg.

“Dit is opmerklik dat die S&P sedert 1952 ná al tien vorige Maandae waarop daar ’n val van meer as 5% was, die volgende dag gestyg het,” het dié navorsers geskryf. “En die styging was meer as 2,2%.”

Dit beteken dat as gister (10 Maart) nie ’n styging in dié mark sou meebring nie, sou dit die eerste keer in 68 jaar die geval wees.

Van die noemenswaardigste skerp dalings in die markte was op Maandae soos 19 Oktober 1987 en 28 Oktober 1929. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!