Oom Dup kuier in Wimpy saam met polisie
Oom Dup kuier in Wimpy saam met polisie

Oom Dup kuier in Wimpy saam met polisie

Ronelle Rademeyer
Die vermiste mnr. James du Plessis (68) van Upington, ook bekend as oom Dup, is uiteindelik deur 'n Ovambo-man gehelp toe sy insleepvoertuig onderweg na die Canyon Roadhouse-lodge naby die Visrivier-canyon in dik sand vasgeval en die battery van die gesukkel om uit te kom, later pap geraak het.
Netwerk 24 berig talle motoriste het verby hom gery, maar ’n Ovambo-man het uiteindelik gestop en hom opgelaai en na Keetmanshoop geneem. Dit is nie bekend wie dié weldoener is nie.
Hy het Saterdag teruggekeer Upington toe.
Hier is hy (links) in die Wimpy op Keetmanshoop saam met adj.komm Rudolf Isaaks (tweede van links), bevelvoerder vir misdaadvoorkoming van die Karasstreek, en ander lede van die soekgeselskap. Foto: Verskaf aan Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer