Oom Mike Krafft skou al 53 jaar
Die pionierboer van Dordabis en bekende Simmentaler-teler oom Mike Krafft het in 1964 sy eerste beeste in Windhoek geskou.
Dit was nadat hy in 1958 ná sy pa,Nicolai, se dood, die boerdery op Ibenstein oorgeneem het.
Met die uitsondering van enkele jare in die laat sestigs en weer in die vroeë tagtigs toe die Kraffts weens droogtes met hul diere na onderskeidelik die Mangetti-blok en Platveld tussen Otavi en Otjiwarongo getrek het, is Ibenstein se stoetdiere ‘n instelling by die skou.
Oom Mike, wat vanjaar 81 word, sê hy het in 1975 sy Karakoelstoet verkoop net voor die mark getuimel het, waarna hy hom volstoom op sy Simmentaler-stoet toegespits het. Dié stoet het hy drie jaar gelede aan sy seun, René, oorgegee, maar is sedertdien steeds skoutyd langs die ring as die Simmentalers beoordeel word.
René het vanjaar 9 diere vir die skou ingeskryf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie