Oom Piet wikkel met ysters
Gholf
Die 80-jarige oom Piet van der Westhuizen is onlangs by die Rössmund-gholfklub as kampioen van die 2018 Bank Windhoek Swakopmund Senior Kustoernooi bekroon.
Van der Westhuizen het op Donderdag 13 en Vrydag 14 Desember by die baan buite Swakopmund seker gemaak hy klop sy eweknieë uit die sentraalstreek asook die individuele inskrywings wat ontvang is.
Van der Westhuizen, wat 'n afgetrede werknemer van Bank Windhoek is, het die kompetisie gemaklik met 72 punte teen 44 ander hoopvolle spelers ingepalm. Tim Botha is as die Bank Windhoek speler van die dag bekroon.
Die byeenkoms is deel van Bank Windhoek se somerfees wat tydens die vakansieseisoen by die kus vir besoekers aangebied word. As 'n borg het Bank Windhoek vir 'n wavrag vermaak en aktiwiteite vir vakansiegangers gesorg wat beplan om vandeesmaand die kus te besoek. Dié fees sal tot komende Saterdag voortduur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie