Oom versmoor glo twee kinders
'n Driejarige meisie en 10 maande oue seuntjie is op Ariamsvlei glo deur hul oom in 'n matras versmoor.
Volgens die Namibiese polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, adj.komm. Chrispin Mubebo, het die voorval tussen Dinsdagnag en Woensdagoggend plaasgevind.
Die twee kinders is as Merlize Kooper en Xavier Christiaan geïdentifiseer.
"Na bewering het die 51-jarige verdagte die matras waarop die kinders geslaap het, toegevou en op dit gesit," het Mubebo gesê.
Die verdagte is in hegtenis geneem en die ondersoek duur voort. - Nampa
Op die foto van Nampa is adj.komm. Chrispin Mubebo.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie