Oomblik van waarheid vir Samba Boys
Die kampioenklubs van Namibië en Suid-Afrika se kontinentale aanslag is môre op die spel.
Tielman van Lill - Ná verlede Saterdag se gelykopstryd by die Orlando-stadion in Soweto teen Suid-Afrika se magtige kampioenklub Orlando Pirates, het African Stars se hoofafrigter Bobby Samaria en sy manskappe net vyf dae gehad om wenplanne vir môre se botsing te smee.
Om 16:00 môre stap Stars by die Sam Nujoma-stadion vir die beslissende herontmoeting teen die besoekende Seerowers in die Kampioeneliga van die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) op die veld.
Stars se spelers is ná hul 0-0 uitslag teen Pirates vol vertroue om môre hul beste vir 'n oorwinning te lewer, wat hulle die eerste Namibiese klub sal maak wat tot die groepfase van die CAF Kampioeneliga deurdring. 'n Bonkige N$7 miljoen is die beloning vir die span wat môre dié deurbraak maak.
Maar met die Suid-Afrikaners se ego wat redelik gekrenk is deur die onbenullige amateurspannetjie uit Namibië, kan die Samba Boys 'n titaniese stryd verwag.
Samaria is 'n strateeg en planmaker wat sy kaarte styf teen sy bors hou. Dus sal die Namibiese sokkerpubliek asook Stars se groot getalle geswore ondersteuners self moet gaan kyk waarmee die manne vorendag kom.
Verlede Saterdag was Stars se verdediging 'n bykans ondeurdringbare eenheid, maar môre sal doele ook nodig wees. Verander Samaria sy patroon, kan dit gapings vir Pirates se skerpskutters soos Justin Shonga, sy grootste angel op die aanval, oop laat om Stars se doelnet te tref.
Ratanda Mbazuvara, Stars se onblusbare vegter in die doelkas, se vertoning laas Saterdag was onberispelik. Volgens Samaria is Mbazuvara twee dae af gegee ná 'n stamp, maar hy is reeds weer terug op die oefenveld.
“Voor die Soweto-wedstryd was ons nederlaag met 5-1 teen Black Africa nog in ons agterkop. Ons is egter vandeesweek veel meer positief ingestel.
“Die glimlagte en selfvertroue is terug en die feit dat sokkeragente die wedstryd gaan dophou, is 'n verdere aansporing,” het Samaria aan Nampa gesê.
African Stars het al met die Bucks afgereken deur met 8-7 in 'n strafskopstryd vir die derde plek in die 2016 Dr. Hage Geingob-beker te wen.
Dr. Irvin Khoza, grootbaas van Pirates, het glo reeds sy spelers asook die tegniese span voor stok gekry. Khoza het sonder omhaal 'n oorwinning van Pirates geëis en gesê sy klub is gans te groot om nou al uit die CAF Kampioeneliga geboender te word.
Happy Jele, kaptein van Pirates, het op die klub se webblad gesê hy en sy span is vasbeslote om Stars te klop.
“Ons het die afgelope week by die Nike-sentrum in Soweto geoefen wat ook 'n sintetiese oppervlak soos die Sam Nujoma-veld het. Dit gaan geweldig warm in Windhoek wees en ons is ook daarop voorbereid.
“Ek is tevrede dat ons meer as genoeg gedoen het om die eerste botsing in te palm. Dit sou ideaal gewees het as ons gewen het, maar ons het met 'n puik verdedigende span te doen gekry.
“Dit is waar dat ons verskeie doelkanse verbrou het en ons wil dié onnodige glipsies regstel. Ons het wel kanse geskep en dit gee ons genoeg om te glo dat hul verdediging oopgekloof kan word.
“Dit gaan nie 'n piekniek wees nie, maar ons is reg vir 'n geveg tot die einde,” het die ervare verdediger gesê wat Pirates in die 2013 CAF Kampioeneliga (naaswenners) en 2015 Konfederasiebeker aangevoer het.
Micho Sredojevic, hoofafrigter van Pirates, sê hy weet nie juis wat in die eerste wedstryd teen Stars verkeerd geloop het nie. Maar hy belowe 'n positiewe aanvallende kragmeting.
“Hierdie gaan totaal en al 'n ander wedstryd wees, met die kunsmatige oppervlak en boonop voor hul tuisskare. Ons het goed voorberei en sien uit daarna om die botsing in gewone speeltyd te wen,” het die Serwiër gesê.
Die moontlike groep van Pirates: Doelwagter: Jackson Mabokgwane. Verdedigers: Happy Jele, Innocent Maela, Abbubaker Mobara. Middelveldspelers: Marshall Munetsi, Mpho Makala, Linda Mntambo, Vincent Phule. Voorspelers: Paseka Mako, Meshack Maphangule, Justin Shonga.
Plaasvervangers: Siyabonga Mpontshane (doelwagter), Asavela Mbekile, Musa Nyatama, Xola Mlambo, Thabo Qalinge, Thembinkosi Lorch en Augistine Mulenga.
Gewone kaartjies kos N$50, of N$500 in die BBP-area. Kaartjies is aanlyn by www.webtickets.com.na beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie