Oor blou mane en blou Maandae
Oor blou mane en blou Maandae

Oor blou mane en blou Maandae

Dani Booysen
Pedro Vorster skryf:

Ek is die afgelope tyd met die maan gepla. Spesifiek die blou maan-berigte.

Ja, dit het in die volksmond kom lê dat twee volmane in een maand maand maak van een 'n bloue, maar vanwaar is die oorsprong? Van en by wie of hoe het die term posgevat? Seker nie deur die gewildheid van die bekende ou liedjie "Blue moon" nie.

In 1883 ontplof die vuurspuwende berg Krakatoa in Indonesië baie kragtiger as die eerste atoombomme. Asdeeltjies word tot in die stratosweer geskiet en sirkuleer dwarsoor die aarde. Vir drie dae is daar geen sonsopkoms in Sumatra nie.

Die asdeeltjies laat die maan wêreldwyd blou voorkom. Selfs die son lyk by tye ligpers. Gelukkig gebeur sulke rampe met die geskatte lewensverlies van 35 000 selde.

Dus hierom die "once in a blue moon"-etiket, omdat die maan werklik blou gelyk het.

Ek waag om te sê voor 1883, ongeag hoeveel volmane in die maand was, daar geen bloues was nie.

Nou wonder ek oor blou Maandae. . .

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!