Oor die ore in die skuld
Toenemend meer Suid-Afrikaner wend hulle tot skuldberading en meer verbruikers ervaar finansiële stres.
Riana de Lange - Daar was sedert Januarie ’n toename van 20% in die getal verbruikers wat skuldberaders genader het om hul skuld te herstruktureer, sê Debt Rescue, een van die grootste skuldberaders in die land.
En 73% van professionele mense wat deelgeneem het aan Sanlam se jaarlikse Benchmark-peiling sê hulle ervaar finansiële stres omdat hulle sukkel om hul verpligtinge na te kom.
Alles dui daarop verbruikers se finansiële stres het gevaarlike vlakke bereik en syfer deur na hul werk- en huislewe, sê Viresh Maharaj, uitvoerende hoof van Sanlam Werknemervoordele se afdeling vir kliënteoplossings.
Meer as die helfte van die 1 300 respondente wat Sanlam vanjaar oor voorsiening vir hul aftrede uitgevra het, sê korttermynskuld is hul grootste bekommernis, terwyl 41% vrees hulle het te min voorsien vir onverwagte noodgevalle. Een uit drie respondente sê hulle probeer uitgawes verminder, terwyl een uit vyf geld van familie en vriende moet leen om hul verpligtinge na te kom, sê Maharaj.
Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, sê die toename in mense in skuldberading is die gevolg van stygende lewenskoste, skuld wat in die Kerstyd gemaak is en mense wat hul werk verloor het.
Volgens hom staaf Sanlam se syfers hul bevindinge asook statistieke van die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) wat dui amper 50% van kredietaktiewe verbruikers is drie of meer maande agterstallig met skuldterugbetalings.
Teen September verlede jaar was daar 24,25 miljoen kredietaktiewe verbruikers in die land en 9,85 miljoen het ’n swak kredietgeskiedenis gehad, wat behels hulle is drie of meer maande agterstallig of het skuldbevele teen hulle.
Volgens die Reserwebank is Suid-Afrikaners se gekombineerde skuldlas sowat R1 640 miljard.
Al hoe meer probleme met huis, motor
James O’Haughey, finansiële hoof van DebtBusters, sê die meeste verbruikers sukkel met korttermynskuld soos winkelkaarte, kredietkaarte en persoonlike lenings.
Die laaste ruk was daar ook ’n aansienlike skuif van verbruikers wat advies vra oor voertuig- en verbandleningskuld, maar wat ook groot persoonlike en korttermynlenings moet terugbetaal.
“Die risiko dat dit kan oorspoel na die bankstelsel, bekommer waarskynlik die finansiële sektor.”
Roets sê oorverskuldigde verbruikers jonger as 65 jaar sukkel veral met persoonlike lenings en ouer mense met kredietkaartskuld.
John Loos, verbruiker- en eiendomstrateeg van FNB, sê mense kry swaar, maar die syfers moet in perspektief gesien word. Wat verbandlenings betref, is ons nie naastenby op die krisisvlakke van 2008 tydens die resessie nie.
Hy sê ’n onlangse peiling onder eiendomsagente toon 13% van mense wat hul primêre eiendomme verkoop, besnoei weens finansiële druk. In 2009 was dit so hoog soos 34%.
Huiseienaars wat tussen een en ses maande agterstallig is met hul paaiemente as persentasie van die totaal, was in die derde kwartaal van 2016 op 9,1%, teenoor ’n besonder hoë 16% aan die begin van 2009.
Verbruikers is nie in ’n goeie posisie nie, sê Jacques du Toit, ’n senior ekonoom by Absa. Met inflasie hardnekkig bo 6% boer baie verbruikers in reële syfers agteruit omdat salarisverhogings nie tred hou met inflasie nie.
Kommer oor polisse
Intussen waarsku die Vereniging vir Spaar en Belegging (Asisa) verbruikers om nie hul lewensversekeringspolisse te kanselleer weens finansiële druk nie.
Hennie de Villiers, adjunkvoorsitter van Asisa se lewens- en risikodireksiekomitee, sê dit is moeilik om te kwantifiseer hoeveel mense sukkel met maandelikse premies, maar Asisa se 2016-statistieke oor die langtermynverseke-ringsbedryf toon meer as 2 miljoen risikopolisse (vir onder meer dood, ongeskiktheid of gevreesde siektes) het verlede jaar in hul eerste jaar verval omdat polishouers opgehou het om die premies te betaal.
Sowat 2,2 miljoen eerstejaar-risikopolisse het in 2015 verval.
De Villiers sê egter ’n studie oor die kloof in lewens- en ongeskiktheidsversekering, toon die verskil tussen die dekking wat geld en die ware versekeringsbehoefte, het vergroot tot R900 000 vir lewensversekering en R1,1 miljoen vir ongeskiktheid.
Die toename van 16% in die afkoopwaarde van individuele spaarpolisse van R68,9 miljard in 2015 tot R79,8 miljard verlede jaar wys ook hoe swaar verbruikers trek, sê hy. Hierdie is gevalle waar die polishouer nie meer premies betaal nie en die fondswaarde onttrek om kontant te bekom.
KASSIE
Geen kitsoplossing
Skuldberaders sê verbruikers wat om hulp aansoek doen, kry onmiddellik verligting van verminderde skuldterugbetalings.
Die onderhandelinge met skuldeisers oor die herstrukturering van skuld word binne 60 dae afgehandel, waarna die saak hof toe gaan vir ’n hofbevel om te verseker die verbruiker is beskerm teen regstappe terwyl onder skuldhersiening.
O’Haughey sê die terugbetalingsperiode is uniek vir elke verbruiker, gegrond op die hoeveelheid skuld en die bedrag wat die persoon maandeliks kan terugbetaal. Die gemiddelde tydperk is sowat drie tot vier jaar.
Skuldberading moet gesien word as ’n langtermynoplossing en nie ’n kitsoplossing nie omdat ’n mens verbind moet wees tot die proses, sê hy.
Roets sê een van die grootste voordele is dat die verbruiker se bates beskerm word en hy dit nie deur regsoptrede van skuldeisers kan verloor nie. Aan die negatiewe kant het die verbruiker nie toegang tot krediet in die tydperk onder skuldhersiening nie.
Vir meer inligting en voorgeskrewe koste besoek www.ncr.org.za.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie