Oor diens gepraat
Oor diens gepraat

Oor diens gepraat

Dani Booysen
MOEG SKRYF:

Ek is nou regtig siek en sat vir Namibiese maatskappye wat ons helderoordag beroof.

Laas week het Telecom Namibia blykbaar 'n promosie met hul TN Mobile se goedkoop Java-produk gehad waarvan ek nie geweet het nie. Ek teken drie dae daarna daarvoor in, wat deurgaan, maar na 'n paar minute is my hele bundle weg.

Toe ek met 'n Afrikaanssprekende dame by hul inbelsentrum daaroor praat, was sy onbehulpsaam, onverstandig en ongeskik teenoor my. Sy sou blykbaar toesien dat ek my geld terugkry, maar tot nou toe is daar stilte.

Dis oor die streke dat ek vanaf MTC weg is, maar TN Mobile doen nou ook dieselfde?

By banke, met spesifieke verwysing na hul elektroniese kontantoordragdienste, is sake nog erger.

Hulle hef beide die sender en ontvanger wanneer gelde telefonies gestuur word. Dis dieselfde geval wanneer jy derdepartybetalings soos lugtyd, koopkrag en andere maak. Dan praat ek nie eens oor hemelhoë bankkostes as jy 'n ministaat aanvra om jou laaste transaksies te bestudeer nie. Daarby het banke die vermetelheid om nie bedrae onder twintig dollar uit te betaal nie en dit te hou vir heffings waarvan net hulle weet.

Wie sal ons red? Wie?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!