Oor dinosourusse, Millenniërs en Gen Z’s
Ronelle Rademeyer - My seun raas die ander aand met my toe hy my iets wil vertel en ek op my foon besig is.
“Sit eers neer Ma se foon, ek wil jou gou iets vertel,” gebied hy.
“Ek kán multitask,” kap ek half verontwaardig terug.
“Nee, jy kan nie. Ons kan, want ons het met tegnologie grootgeword. Ons kan in ’n geselskap op ons fone besig wees en presies weet waaroor gepraat word. Julle kan nie, want julle is nie tech savvy nie,” sê hy en ek sit inskiklik en half verleë my foon neer.
Hy is reg. Hulle kan kar bestuur en text, swot en text, gesels en text . . .
Met hulle bedoel ek sy generasie, Gen Z (gebore tussen 1995 en 2015). Hulle noem hulself ook soms die Zee’s.
Almal ouer as Gen Y (1980-1994), of die Millenniërs, is volgens hulle dinosourusse. Daar is niks cool aan ’n beplooide Baby Boomer (1944-1964) en hul byna middeljarige ouers se Gen X-tydgenote (1965-1979) nie.
Daar is heelwat goed wat ek van die jonger generasies beny. Hul selfvertroue om mee te begin. En die feit dat hulle op hul regte staan en hulself laat geld.
My generasie kom uit ’n era van “ja meneer, nee meneer”. Kinders is gesien, maar nie gehoor nie. En wee jou as jy nie jou plek geken het nie.
Ek sal nooit my ouers “jy en jou” nie. My kinders “jy en jou” baie gemaklik én doen dit met die liefde en respek.
My ouers en hul tydgenote se grootste invloede was die Groot Depressie en die Tweede Wêreldoorlog. Die kernwaardes wat hulle by ons ingeskerp het, was om hardwerkend, gedissiplineerd, toegewyd en lojaal te wees.
Ons pa’s uit die Baby Boom-era het lewenslank by een werk gebly en skuld gehaat. Ons ouers se lewe is gekenmerk deur selfopoffering, beskeidenheid en konformering, verduidelik dr. Elsabé Pepler, 'n kommunikasiekenner, in 'n artikel oor die kenmerke van die verskillende generasies in die tydskrif Sarie.
Jy stem Nasionaal en sit Sondae in die voorste gestoeltes in een van die drie Afrikaanse susterkerke.
Hulle het gesukkel om hul emosies uit te druk en oor sekere goed is eenvoudig nie gepraat nie. Ai, en plig het altyd voor plesier gekom.
Dié waardes is aan ons X’ers oorgedra. Op die politieke en maatskaplike front het ons era natuurlik ander uitdagings gehad: globalisering en onrus in die tyd van apartheid en die Grensoorlog. Omdat dit nog grootliks sans tegnologie was, het ons generasie nog gelees en buite gespeel, boom geklim en van kwajongstreke soos toktokkie speel en vrugte steel geweet.
Die Millenniërs word groot in die tyd van die wêreldwye web. Die www-era en tegno-geletterdheid kenmerk hulle bestaan. Polities en maatskaplik beleef hulle demokratisering, kulturele integrasie, die val van die Berlynse muur en die beëindiging van die Koue Oorlog.
Daarom is hulle pro-verandering, apaties teenoor gesag, globaal bewus, individualisties, informeel en soek hulle kitsbevrediging en opwinding.
Die Zee’s word groot in ’n tyd van wêreldwye onsekerheid, klimaatsverandering en hipertegnologie. Hulle staan immer met een voet in die kuberruim en die ander voet in die fisieke wêreld. Daarom dupliseer hulle die hier en nou deur voortdurende statusopdaterings binne die virtuele ruimtes van WhatsApp, Instagram en Facebook.
Al het ons dalk “moeiliker” grootgeword omdat lewensmiddele meer basies was, wil ek nie in ’n Gen Z’er se skoene staan nie.
Die wêreld is nou net té deurmekaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie