Oor gekroonde kieme en hul bankbalanse
WILLEM DE WET SKRYF:
As ek 'n arme Covid-kiem was, het ek vandag my gat in 'n krul geruk en diskriminasie geskree so hard ek kan.
Net die ryk kieme wat kan bekostig om per vliegtuig Namibië binne te kom, mag kom kuier en die armgatte wat per pad wil kom, moet by die huis bly? Wonner wie check die vlieënde kieme se bankbalanse om te verseker dat hulle genoeg in die bank het om die status te mag aanneem?
Die ding raak nou geheel en al belaglik en ons ekonomie sak al verder weg van herstel af. So is daar lippediens oor toerismeherstelinisiatiewe en kamma-kamma verstaan en simpatie van regeringskant, maar dit wat hulle doen, verskil totaal van dit wat hulle onderneem om te doen.
Hoe harder die toerisme-ouens werk en hoe meer geld hulle spandeer op bemarking om toeriste die land in te kry, hoe meer hekkies sit die regering in die pad neer om toerisme totaal te kelder.
Dan is die grense oop en dan is hulle weer toe. Dan kan die busse ry en dan nie. Dan is dit 72 uur-toetse en dan is dit weer sewe dae. Namibiërs kan SA toe per pad, maar SA mag net invlieg? En so ploeter dit voort met geen besef van die lang termyn skade wat in die proses aangerig word nie.
Rederye wat gereed gestaan het om Namibië toe te vlieg, het weer onttrek en vlieg seker nou na ander bestemmings wat die waarde van herstel meer op die hart dra en mooier luister na hul mense se noodkrete.
Solank as die salarisse van die staat nie deur Covid geraak word nie, sal hul houding teenoor Covid en die vernietigende gevolg van terminale en totaal sinnelose ekonomiese wanbestuur vir ander landsburgers nie verander nie.
Namibië is nie van gister af honger en ekonomies gestremd nie. Ons kom al 'n lang pad met die agteruitgang en totale minagting van die kiesers se behoeftes en die dooddruk van burgerlike inisiatief. En dit alles terwyl sekere staatsampsdraers en hul naby gesante in dieselfde tyd hul rykdomme vermenigvuldig het ten koste van die land se mense.
Covid is net nog 'n geleentheid vir die gulsiges om op vol salaris te sit en hul sakke vol te maak, terwyl hulle die land in wanorde hou met sinnelose besluite en rookskerms wat die kiesers se aandag op oorlewing vestig en hulle nie 'n kans gun om fluitjies te blaas oor vergrype nie.
Hierdie kiem sal in my oë nog vir baie lank na ons almal ons houtjasse aangetrek het, gebruik word as verskoning vir die lang termyn swak besluite en bestuur wat ekonomiese ondergang en die totale verval van stelsels en teweeg gebring het.
Covid het op 'n goeie tyd gekom om skuld te kry vir al die Fish-, rail-, Air Namibia en ander -rots waarvan ons al weet en die waarvan ons nog sal hoor. Ons word met reëls, regulasies, inperking en maskers stilgehou om die skuldiges kans te gee om die ondersoekers te fire, die files te laat wegraak en die spore dood te vee.
Skande op skande daagliks op die voorblaaie, maar boetie kom kyk, ons topmanne loop oop en die AMG's brul.
Dit wat nou opgedis word as 'n nuwe normaal, is nie 'n lewe nie. Dis 'n gemanipuleerde magspel tussen geldmagte wat ons, die kanonvoer, misbruik om hul eie posisies in die stryd om politieke, sielkundige, ekonomiese en maatskaplike oorheersing te verstewig. En ons het geen beheer oor die tussentydse en finale bestemmings nie.
Waar is ons land se werklike leiers? Leiers wat ons uit die moeras kan lei en Namibië en Namibiërs se bekende kwaliteite water sal gee, om te groei, om ons land en sy mense tot ons reg te laat kom?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie