Oor geskiedenis, rugby en 'n bestemde redding
NORMAN KOTZE SKRYF:
Die geskiedenis van Suider-Afrika het as volg verloop:
Oom Jan en Tannie Maria het van Nederland per boot gereis en 'n kaasfabriek in Kaapburg oopgemaak vir die verbygaande Nederlandse skepe op pad Indië toe. (Kaap Dorp en Kaapville was van die name wat ook op die tafel was.)
Ná oom Jan het oom Simon gekom en onmiddellik wingerd geplant, want hy het 'n oom gehad met die naam van Nabot. Hy het ook die stad Kaapburg se naam verander na Kaapstad.
Die Ingelse het gehoor dat die Suid-Afrikaanse wyn lekker maak, ek bedoel smaak, en het op eg Britse manier die land vanuit Port Elizabeth binnegeval. Hulle het die gewoonte gehad om elke dorp wat hulle kon na 'n koning of koningin te vernoem.
Terloops, die Indiërs het met die Nederlandse skepe tot in Durban geswemloop en net daar afgeklim.
Die Duitsers het 'n paar mooi krewe tot in Lüderitzbaai gejaag en so baie van die argitektuur en die bier gehou, dat hulle sommer net daar gebly het.
Intussen het een Ingelsman verdwaal en moeg op 'n plek aangekom waar hy besluit het om 'n dorp te stig.
Hy was oortuig dat hy nou presies halfpad tussen Kaapstad en Londen is en het terstond die plek Victoria-Wes gedoop.
In sy gedagtes kon hy sien hoe duisende ossewaens vir honderde jare daagliks in VictoriaWes vir hamburgers en daardie nuwe groen koeldrank, wat die Amerikaners Coca-Cola noem, gaan stop en hy stink ryk gaan word.
MANNETJIES ROUX
So het dit dan gebeur dat ek vroeër jare – so 'n paar weke voor die sonvloed – op Victoria-Wes, in die middel van die Karoo, geonderwys het.
Victoria-Wes se roem was dat Mannetjies Roux die kaptein van ons sestienman rugbyklub was, sodat ons darem 'n vol span kon wees as hy vir Griekwas of die Springbokke gaan diens doen het.
Daardie jaar het ons 12 wedstryde gespeel en 6 gewen en 6 verloor. Die 6 wat ons verloor het, was die 6 wat Mannetjies vir ons gespeel het, en die 6 wat ons gewen het, was hy weg. Dis eintlik nie moeilik om te verduidelik nie.
Sien, ons draf met ons skoon truie en wit rugbybroekies op die veld (as Mannetjies vir ons losskakel speel), spook hard om die bal by hom te kry en gaan staan dan dat hy sy “magic” kan doen, want hy is tog immers 'n Springbok. Intussen het die teenstanders besluit as hulle vir Mannetjies met die bal en al kan têkkel, en die bal in besit kan kry, hulle 'n goeie kans staan om die wedstryd te wen.
Nadat ons dan die wedstryd gewen het, draf ons veertien spelers met ons skoon wit rugbybroekies van die veld af terwyl arme Mannetjies Roux hinkepink met geskeurde trui en broek vol pyne en kneusplekke van die veld kom. Ses keer daardie jaar!
Die ander 6 keer moes al vyftien manne speel om die wedstryd te wen. Meeste van die tyd ook maar net-net.
BRUIN KOELDRANKIES
Die volgende jaar verhuis ek net na die volgende dorp noord, Britstown toe en help om vyftien spelers bymekaar te kry. Ons ding toe in die derde liga mee.
Die een Saterdag was daar seker 'n toets of 'n ding, want ons was die enigste wedstryd daardie dag op De Aar, so 55 kilometer weg.
Dit beteken dat ons om 4 namiddag kon begin speel en darem vroeër van daardie bruin koeldrankies met die skuimpies bo-op kon begin geniet. Ons het seker maar verloor, want ons was nie 'n sterk span nie en het dit toe maar gevier soos rugbymanne van daardie tyd gedoen het.
Vandag se manne doen nie meer sulke dinge nie. (Julle skuld my een.)
Hier diep in die nag toe, soos die Country liedjie sê ek nou “nine feet tall en bullet proof” is, besluit ek om dan nou maar huis toe (Britstown toe) te ry.
Die kar word aangesê om met die regterwiel mooi op die middelste wit streep van die pad te ry en nie kort-kort te wil gaan wei hier in die bosse langs die pad nie. (Dis mos 'n neiging wat 'n kar het, as die baas so 'n bietjie ge-“vat” het.)
Ek kom sonder insident daar by die aansluiting waar die N1 na Britstown suid lei.
Na 'n rukkie sien ek, wat lyk soos wit hasies wat oor die pad hardloop.
HASIES OP DE AAR
Ek registreer nie eintlik nie, maar begin toe wonder: Hoekom sal die hasies dan so aanhoudend oor die pad hardloop? Ek weet hasies is berug daarvoor dat hulle vinnig aanteel, maar dis darem baie hasies.
Ek begin stadiger ry. Nou hoekom hardloop hulle dan so agter mekaar?
En na 'n rukkie: “Weet jy wat?” sê meneer Slim. “Ek gaan stop en vir my een van hulle vang!”
Ek ry al stadiger en stop uiteindelik.
Net toe ek die kar se deur wil oopmaak, sien ek 'n ander kar aan die regterkant van die pad met sy ligte aan, so tien meter van my af. Die kar trek weg en ry voort, noord.
Ek word lam. Lam, seg ek jou.
Ek besef met 'n skok dat ek sentimeters van 'n trein af stilgehou het.
Die trein wat van Upington na De Aar oor die N1 loop.
Die “hasies” was die ander kar se ligte onder die trein deur. Die “hardlopende hasies” was soos die trein gery het.
As die ander kar nie op daardie tyd daar stilgehou het nie, het jy nie hierdie storie vandag gelees nie.
Vraag: Wie het dit so gereël dat daardie ander kar juis op daardie tyd daar moes wees? Wie het geweet dat ek in my toestand in daardie tyd juis op daardie tyd daardie hulp sou nodig gehad het?
Wie sê dat daar nie wonderwerke in ons tyd gebeur nie?
Dankie, Vader.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie