Oor vlieë en viskwotas
Van die donkerste ure vir dr. Hage Geingob se Swapo-presidensie en die regerende party is hier.
Twee weke voor stemdag.
Geingob het 'n gulde geleentheid gemis om ministers Bernard Esau en Sacky Shanghala nie summier af te dank vir hul beweerde betrokkenheid by miljoene dollar se smeertransaksies met viskwotas nie. Soos met me. Katrina Hanse-Himarwa was bedankings eerbaarder.
Die internasionale korrupsieskandaal was Dinsdag en gister hoofnuus in verskeie lande.
Boonop swaai handelsminister Tjekero Tweya ook die Swapo-plathand na onpatriotiese joernaliste wat nie vir die wêreld en ons eie mense mooi broodjies bak nie. Of kom ons sê eerder viskoekies.
Dié “vlieë” draai duidelik met baie goeie rede om die bollie wat Swapo en sy regering al dekades probeer verdoesel. Die Yslandse viskwotas is maar net deel van 'n baie groter stinkhoop. Ironies dat die vrot in die geval toe juis aan vis kleef.
Ons wil agbare Tweya ook herinner dat die verontmensliking van opponente deur die gebruik van insekname (vgl. kokkerotte) 'n integrale deel van haat en haatspraak is.
Die resessie alleen het nie Harambee se saamtrek beduiwel nie. Ook is daar die dwarstrek in Swapo en die ontmaskering van die regime se beloftes as woorde in 'n al sterker rampspoedwind. Deursigtigheid, verantwoording, rekenskap en basta met korrupsie – wie kan nog die regering glo?
As kiesuitslae nie die land se afkeur in sulke gedrag en die beskerming van korruptes wys nie, sal ons land sy plig versuim om verantwoording te eis.
So sê ander
13 November 2019
Doen dinge reg, dan sal beraad nie nodig wees nie
Skeptici sal nie kwalik geneem word vir die krul in hul wenkbroue oor die geil syfers van miljarde rande se nuwe investering in Suid-Afrika wat pres. Cyril Ramaphosa se beleggingskonferensie verlede week gelok het nie.
Dié koerant se beriggewing het daarop gewys dat sowat 'n kwart van die R363 miljard waarmee gespog is as “nuwe” beleggings in werklikheid van staatsinstellings self kom.
Eskom se skuld van R450 miljard sal byvoorbeeld al die nuwe beleggings in een hap insluk en steeds honger wees vir meer, byna soos die maer koeie van Egipte wat die vettes verslind het en steeds so maer gelyk het.
Tog moet Ramaphosa en sy span beleggingsgesante lof toegeswaai word dat hulle ten minste 'n grootse poging aanwend om nuwe beleggings na Suid-Afrika te lok.
Maar, as die regering en die vakbonde hul fiksasie met uitgediende ideologieë kon laat vaar en 'n sakevriendelike omgewing kon skep waar geld en entrepreneurskap geborge voel en floreer, is 'n reeks beleggingskonferensies nie eens nodig nie. Geleenthede en beleggings vloei vanself na 'n land waar die inwoners hard wil werk, inisiatief neem en waar die regering so min as moontlik inmeng in die kragtige werking van die vrye mark. Dan volg werkskepping en armoedeverligting as 'n noodwendige vrug.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie