Ooraanbod temper pryse van wild
Met Du Preez Wild se boma-veiling om die draai, gesels Dirk du Preez oor die vraag, aanbod en pryse.
Ronelle Rademeyer
Die wildbedryf, net soos ander boerderybedrywe, is siklies van aard en die hoë aanbod van diere plaas pryse tans onder druk.
Nietemin wys gebeure by veilings wildboere is steeds bereid om 'n premie te betaal om goeie genetika te bekom.
Só sê mnr. Dirk du Preez van Du Preez Wild by Otjiwarongo waar 190 stuks wild Saterdag tydens dié wildonderneming se boma-veiling onder die hamer sal kom. Hy bedryf Du Preez Wild saam met sy ouers, Jannie en Heidi du Preez.
Hy sê die uitsoek-wild sal voor die veiling in die bomas besigtig kan word. Dit sluit in 'n 29-duim rooibokram, 44-duim swartwitpensbul, 40-duim gemsbokke, 'n 30-duim blouwildebeesbul, 'n 30-duim letchweram en 10-duim springbokooie wat aangepas is in gebiede waar luiperds voorkom.
Du Preez se talle ander volwasse bulle van verskillende spesies wat spesifiek vir die jagmark bedoel is, sal ook aangebied word.
“Ons het al baie navrae gehad en wildboere is opgewonde om die diere te sien wat hulle koop. Daar was ook navrae uit Suid Afrika oor die langhoring-diere en dit maak ons opgewonde dat telers uit die buurland na Namibiese genetika op soek is,” sê hy.
“Ons verwag goeie pryse omdat kliënte bereid is om 'n premie te betaal vir hoë gehalte diere. Die afgelope tyd het die wildbedryf begin kop optel en groei getoon.
“Die gemiddelde veilingspryse word egter beïnvloed deur die hoeveelheid duur wild wat aangebied en verkoop is en dit was ongelukkig nie sover vanjaar die geval nie, wat beteken dat die gemiddelde prys vir 2017 outomaties laer is,” sê Du Preez.
Verder meen hy die daling in pryse kan ook aan die droogte toegeskryf word. “Kontantvloei sal eers moet herstel voor boere weer goed sal belê in wild. Die vraag na wild is dus op die oomblik laer, maar die aanbod is baie hoër as drie jaar terug en dit plaas natuurlik ook die pryse onder druk.
“'n Mens moet onthou dat elke besigheid siklusse het en die wildbedryf beleef 'n afwaartse siklus.”
Du Preez meen egter boere wat op 'n kleiner skaal boer, moet die geleentheid benut om in dié mark te belê. “Deur met wild te boer, kan jy op 'n kleiner stuk grond 'n hoër opbrengs per hektaar kry.”
Veiling by Outjo
Du Preez Wild het tydens sy katalogus-veiling op 29 April by die Outjo Wildsfees verras toe 'n tsessebe-koei N$72 000 behaal het.
“Eksotiese diere soos die swartwitpense en bastergemsbokke se pryse was egter oor die algemeen die helfte van wat dit verlede jaar was en dit kan toegeskryf word aan vraag en aanbod. Die vraag na die wild is dieselfde as voorheen, maar die ooraanbod van die diere het die pryse afgedwing,” sê hy.
“Die renosters behaal steeds baie goeie pryse op veilings, naamlik
N$390 000 vir twee jaar oue verse. Ek dink renosters sal altyd hoog in aanvraag bly omdat hulle skaarser word namate stopery toeneem.”
Sowat 13% méér kopers het vanjaar vir hierdie veiling geregistreer. Du Preez sê dit is 'n aanduiding dat die belangstelling daar is, al is die geld
min.
“Boere het 'n paar harde jare agter die rug het met die droogte en moes baie geld op voer en vir oorlewing bestee. Dit vat 'n boer twee of drie jaar om sy kontantvloei te herstel.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie